Verloofde vervals sy dood om nie te trou nie

Alex Lanchester en Tucker Blandford Foto: The Mirror

Alex Lanchester en Tucker Blandford Foto: The Mirror

Tucker Blandford (23) van Connecticut in Amerika, het onlangs sy eie dood vervals omdat hy glo nie meer met ʼn meisie van Engeland wou trou nie.

Alex Lancaster (23) het in Connecticut studeer toe sy en Blandford mekaar in Augustus 2012 ontmoet het, berig The Mirror.

Alles het glo vlot verloop in die verhouding en Blandford het haar die ja-woord gevra net voordat sy teruggekeer het na Engeland. Sy het glo reeds die troue begin beplan, ʼn rok en uitnodigingskaartjies gekoop en vliegtuigkaartjies vir Blandford om haar in Engeland te kom besoek.

‘n Week voordat hy egter in Engeland sou aankom, het iemand wat aangevoer het hy is Blandford se pa, haar gebel om te sê Tucker was baie depressief en het selfmoord gepleeg deur voor ʼn motor in te stap.

Sy was verslae, maar toe sy later Blandford se ouerhuis skakel, was sy ma nie bewus van haar eie seun se afsterwe nie. Om die waarheid te sê, hy is springlewendig en gesond. Die venue wat hulle gehuur het, het ook nie ʼn bespreking vir die troue gehad nie.

Blandford het intussen vir Lancaster ʼn teksboodskap gestuur om om verskoning te vra en het helfte van die uitgawes wat sy aangegaan het, aan haar terugbetaal.

Bron: The Mirror

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

SNEL ·

Hoop nie sy stort n traan oor hom nie, n regte slapgat, geen murg in die pype. Sy is baie beter af sonder hom. Sy moet eintlik bly wees sy ware kleure het na voorskyn gekom.

Ansie ·

Lae luis! Dit is hoekom baie verhoudings/huwelike nie werk nie, paartjies PRAAT nie met mekaar nie en is nie eerlik omtrent hul gevoelens nie. Alex kan beter doen as so ruggraat lose “wanna be a man”.

Theresa ·

Idioot!! Alex ek weet jy sal iemand kry wat jou sal waardeer. Hy verdien jou beslis nie. Hy sal wel kry wat hom toekom. Wees dankbaar julle het nie getrou nie. Glimlag en gaan voort met jou lewe.

Anoniem ·

Liewer nou sy “commitment” wys. Die regte een wag vir jou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.