‘Verlore’ liedjie deur The Beatles-groeplede sien die lig

‘n Ikoniese foto van The Beatles. (Foto: Facebook/The Beatles)

ʼn Verlore liedjie deur twee lede van The Beatles, Ringo Starr en George Harrison, het onlangs vir die eerste keer die klankgolwe getref.

Die liedjie getiteld “Radhe Shaam” is geskryf en vervaardig deur joernalis Suresh Joshi en is in 1968 opgeneem, maar dié opname het sedertdien vergete op Joshi se solder gelê. Joshi (75) het dié nuus Woensdag met BBC Radio Merseyside-omroeper Tony Snell gedeel.

“Dit het verskeie kere verlore geraak en is dan weer gevind, maar ons het nooit die kans gehad om dit uit te reik nie.”

Tydens Brittanje se inperking weens die Covid-19-pandemie is die liedjie weer gevind en het Joshi besluit die tyd is ryp vir mense om dit te hoor en is dit vroeër aan 100 mense by die Liverpool Beatles-museum gespeel.

Die opnameband moes gerestoureer word omdat dit skade gely het nadat dit soveel jare gestoor was.

Joshi vertel Harrison en Starr was daardie dag besig om die liedjie “Hey Jude” in die Trident-ateljee in Londen op te neem. Harrison het met Joshi kom gesels en die twee Beatles het aangebied om vir Joshi die liedjie te speel.

“Ons het oor filosofie in die algemeen begin gesels,” het Joshi gesê, en bygevoeg dat Harrison ook oor die groeiende spanning tussen lede van The Beatles gepraat het.

“Hy het gesê hy was die ‘buiteperd’ en dat hy sy selfvertroue verloor het.”

The Beatles was wêreldbekende sterre in 1968, maar teen April 1970 het die groep opgebreek.

“Radhe Shaam” sal nou uitgereik word, met alle opbrengste wat ten bate van liefdadigheid sal wees.

“Laat dit aan menslikheid oor, dit is wat George wou doen. Ek hoop die aanhangers sal daarvan hou,” het Joshi gesê.

Joshi was die een wat Harrison aan Indië se bekende musikant Ravi Shankar voorgestel het. Dié was ʼn groot invloed op die ster en het hom geleer om die sitar te bespeel.

Volgens Joshi is die liedjie vandag steeds relevant. “Dit gaan oor die konsep dat ons almal een en die wêreld jou speelplek is. Dit is iets wat ons almal besef het tydens die pandemie.”

Bronne: CNN, BCC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Dries ·

Ek het in Sub A Ös”gespot vir die eksamen, maar toe kry ons Öt”, maar hiet tel ek net vier.

Jan Seerot ·

Herman, dit was baie opmerklik van jou.
Gewoonlik siek ek hierdie tipe van goed ook raak, maar dit lyk my of die alleenblyery my stomp maak.
Skink maar in die klokkie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.