Verlore Rembrandt ontdek

Die skildery. Foto: Telaf

Die skildery. Foto: Telaf

’n Vroeë skildery van die Nederlandse skilder, Rembrandt van Rijn, wat verlede jaar by ’n veiling in die VSA opgeduik het, is nou positief geïdentifiseer as die skildery, Die reuk, wat Rembrandt op ongeveer 19-jarige ouderdom geskilder het. Die skildery was deel van ‘n groep wat die vyf sintuie uitbeeld.

In die skildery word ’n pasiënt uit ‘n floute bygebring met ’n lappie wat in ammoniak gedoop is.

Die vorige eienaar, van New Jersey, het geen benul oor die herkoms en waarde van die skildery gehad toe hy dit op ’n veiling te koop aangebied het nie. Die afslaer het dit Europese skool, van die 19e eeu, genoem.

Die prys het egter die hoogte begin inskiet op die veiling en dit was duidelik dat van die kopers snuf in die neus gekry het oor die waarde.

Die skildery is, nadat dit gerestoureer is, nou in Maastricht, Nederland, te sien, maar daarna sal die nuwe eienaar dit na New York neem waar dit sy volwaardige plek saam met ander werke van Europese meester-fynskilders sal inneem.

Volledige artikel, Trouw

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Miskien tyd dat ek hier tussen my goedjies moet gaan rondkrap. Wie weet dalk ‘n Pierneef, van Gogh, Picasso of selfs ‘n Rembrandt?

Akram ·

Genugtig. nou wonder ek wat is dit werd, Ek self het n paar rare skatte stukke kuns. Wel dit is wat my moeder jaaaaare terug gese het van my kuns vanaf die skool. en dit is eg en nie gedupliseerd nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.