Vermeende terroris in Parys vasgetrek

Een van die tonele tydens die aanvalle op Parys in November 2015. Foto: AP/Thibault Camus

Een van die tonele tydens die aanvalle op Parys in November 2015. Foto: AP/Thibault Camus

ʼn Terreuraanval in Parys, Frankryk, is Donderdag vermoedelik gestuit toe ʼn belangrike lid van ʼn groot terrorisnetwerk in hegtenis geneem is.

Bernard Cazeneuve, Franse minister van binnelandse sake, het gesê die verdagte is in Argenteuil, ʼn noord-westelike buurt van Parys, in hegtenis geneem. Volgens Cazeneuve was die man, ʼn Franse burger, lid van ʼn netwerk wat reeds gevorderde planne gehad het om ʼn terreuraanval in Frankryk uit te voer.

“Die inhegtenisneming is die resultaat van ʼn deeglike ondersoek wat weke geduur het,” het hy gesê. Die gebou waar die verdagte gewoon het, is ná sy inhegtenisneming ontruim. Die polisie het ook ʼn uitgebreide soektog in die gebied onderneem om te verseker dat die gebied veilig is.

Volgens Cazeneuve blyk daar nie ʼn verbintenis te wees tussen die beplande aanval en die afgelope week se terreuraanvalle in Brussel, België, nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

jaco ·

Met al hierdie bomontploffings in Europa en Amerika is dit dieselfde: eers ontplof die bom en dan daarna word mense wat met die bomplanting te doen gehad het, deur die polisie vasgetrek. in 99% van die gevalle is die verdagtes/skuldiges ook mense wat wettiglik daar was, met werkspermitte en allerhande ander toestemmings om daar te wees.
Hoe is hulle dan ge-scrutinise toe hulle aansoek gedoen het? Hoekom het niemand voorsien dat hulle ‘n gevaar vir die samelewing gaan wees nie?
Net om ‘n toeriste-visum vir Europa te kry, moes ek honderde vrae beantwoord en my hele verlede, hede en toekoms aan die Duitse ambassade uiteensit. Asof dit nie genoeg was nie, is ek by aankoms in Europa by paspoortbeheer WEER ondervra voor ek in Duitsland toegelaat is.
As ek so -ge-scrutinise is net vir ‘n toeriste-visum, kan dieselfde mos met al hierdie sogenaamde “refugees” uit moslemlande gedoen word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.