ʼn “Vreemde voorwerp” is Sondag omstreeks 14:30 (Suid-Afrikaanse tyd) in die see waargeneem in die omgewing waar die vermiste Boeing 777-200 van Malaysia Airlines Saterdag vir die laaste keer opgemerk is.
Owerhede het nog nie die vliegtuig, of die wrak daarvan, gevind nie. Die lugbeheer het omstreeks 0:24 Saterdagoggend kontak met die vliegtuig verloor. Daar word ook vermoed dat die vliegtuig se verdwyning met ‘n terreurdaad verbind kan word.
Na wat berig word, dryf die “vreemde voorwerp” in die omgewing van die Tho Chu-eiland en is opgemerk deur ʼn Singapoerse soekvliegtuig.
Die Viëtnamese owerhede het ʼn boot na die omgewing te stuur om ondersoek in te stel.
Malaysia Airlines se vlug 370 met 227 passasiers en 12 bemanningslede aan boord het oppad van Kuala Lumpur na Beijing vermis geraak .
Lees ook:
Misterie om verdwene Maleisiese passasierstraler verdiep
Vermiste Boeing dalk gekaap
Vermiste vliegtuig het in see gestort; 239 vermis, bevestig Viëtnam
Boeing met 239 passasiers vermis
Die foto wat hier bo gewys word is nie n Boeing 777-200, soos die een wat vermis word nie.
Die is n foto van n Airbus 330-200
Let op 777-200 het nie winglets nie
Baie dankie Elmar dat die feit dat die foto nie van ‘n Boeing is nie uitgewys word. Soveel verkeerde beriggewing vind plaas.
And it’s the same reporter ….