Vermiste duikboot het gesink, sê Indonesiese vloot

Die KRI Nanggala 402-duikboot. (Foto: Indonesiese weermag/AFP)

Brokstukke is gevind van die Indonesiese duikboot wat aan die kus van Bali vermis geraak het en daar word nou aanvaar dat die KRI Nanggala 402 gesink het.

Die hoof van die Indonesiese vloot het gesê ʼn soekgeselskap het brokstukke van die KRI Nanggala 402 gevind, waaronder voorwerpe wat binne die duikboot was.

Yudo Margono het aan verslaggewers gesê die items wat opgespoor is, waaronder ʼn stuk van ʼn torpedo en ʼn bottel smeermiddel wat gebruik word vir die periskoop, is beslis van die KRI Nanggala 402 afkomstig.

KRI Nanggala 402, een van vyf duikbote in Indonesië se vloot, het Woensdag met 53 bemanningslede aan boord tydens ʼn millitêre oefening verdwyn. Die ergste is gevrees nadat ʼn oliestorting opgemerk is in die omgewing waar daar met dié duikboot kontak verloor is.

Die duikboot se suurstofreserwekapasiteit is 72 uur in die geval van ʼn algehele ineenstorting van sy stelsels wat beteken dat daar net genoeg suurstof tot vroeg Saterdagoggend sou wees.

Die duikboot was geskeduleer om torpedo-oefeninge uit te voer toe hy Woensdagoggend vroeg toestemming gevra het om te duik waarna daar kontak verloor is.

Die KRI Nanggala 402 van 1 300 ton is in 1978 gebou en in 1981 deur die Indonesiese vloot in gebruik geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Maggies ·

Dit is ‘n tragiese einde vir daardie mense se families. My gebede gaan met hulle.

Danie ·

Arthur google how submarines work.
Jy sal dan besef dat n ongekontroleerde afdaling in die dieptes net kan beteken dat buoyancy tenks geskeur het en dat die duikboot dus nie die vermoë het om dit vol lug te pomp sodat die vaartuig kan opstyg oppervlakte toe nie.
Die tenks kon skeur deur of teen iets te stamp of n swakplek het veroorsaak dat die geweldige waterdruk dit inmekaar gedruk/ingeplof het.
Druk word bereken as 1 atmosfeer (1 bar) vir elke 10meter diepte.
n Atmosfeer is 14.6lb druk per duim² (6.6kg per 6.5 cm²).
So op byv 100m diepte sou die absolute druk op die duikboot wees 11 atmosfere (1 op watervlak plus 10 onderwater).
Om te vereenvoudig, dit beteken dat die duikboot op net 100m diepte van alle kante deur water gedruk word teen 72kg op elke blokkie van 6.5cm vierkante cm groot van sy romp.
Die Indonesiese duikboot was meer as 40 jaar oud….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.