‘Vermiste’ EgyptAir-vliegtuig het glo neergestort

Foto: EgyptAir

Foto: EgyptAir

Verwarring heers of die vliegtuig van EgyptAir, wat Donderdag in die vroeë oggendure tydens ʼn vlug van Parys in Frankryk na Egipte van die radar verdwyn het, neergestort het.

Volgens Egiptiese lugvaartamptenare het die vliegtuig in die Middellandse see neergestort. ʼn Voorlopige ondersoek het bevind vlug MS804, met 66 mense aan boord, het nie by enige nabygeleë lughawens geland nie.

Militêre soek- en reddingspanne het intussen twee ure nadat die vliegtuig van die radar af verdwyn het, ʼn noodsein van die vermiste vliegtuig ontvang. Vliegtuie en skepe van Egipte se lug- en weermag het intussen ʼn grootskaalse soektog aan die land se kus na die vliegtuig van stapel gestuur.

Volgens EgyptAir is daar 56 passasiers en 10 bemanningslede aan boord van die vliegtuig. Onder die passasiers is 30 Egiptiese burgers, 15 Franse burgers, twee Irakesese burgers sowel as ʼn burger van onderskeidelik Brittanje, België, Koeweit, Saoedi-Arabië, Soedan, Tsjaad, Portugal, Algerië en Kanada.

Lees alle vorige berigte oor EgyptAir vlug MS804 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Paul ·

Die vliegtuig op die foto lyk soos ‘n Airbus A330-200. Die een wat neergestort het, is ‘n A320 wat veel kleiner is.

Karma ·

Paul – irrelevante kommentaar. Mense is na alle waarskynlikheid DOOD, for heavens’ sake! Dit is bevestig deur die Franse President dat die vliegtuig inderdaad neergestort het. Geen nood-kommunikasie is net voor die neerstorting gemaak nie; burgerlike lugvaartowerheid van Griekeland kon bevestig dat hulle op sowat 37 000 km kommunikasie met die “cock-pit” gehad het en geen probleme is aangemeld nie. Aanvanklik is vermoed dat dit ‘n terroriste-aanval was, maar hoewel die moontlikheid nie uitgeskakel word nie (met 15 Franse burgers aan boord), lyk dit nou meer na nóg ‘n loods-selfdoodgeval. Hartseer, baie hartseer!

Paul ·

Daar is ook mense dood in die Hindenburg-ramp, maar as iemand na die lugskip as ‘n “ballon” verwys, beteken dit nie hulls is korrek nie.

Karma ·

Nuutste nuusberigte het dit dat die vliegtuig om ongeveer 03:29 verdwyn het van die Griekse luvaartbeheer se radar; dat dit 130 seemyle Noord van die Griekse eiland Karpathos in die Middellandse See neergestort het. En ook dat ‘n terorristiese aanval vermoed word.

Karma ·

Kyk, Paul, hoe slaan ek toe ook lekker my naam met ‘n plank! 37 000 km??? Sjoe, daai vliegtuig HET hoog gevlieg. Dit moet in voet (feet = ft) aangedui wees. Die verskil in jou opmerking teenoor die grootte van die vliegtuig – dit is irrelevant, omdat dit steeds ‘n vliegtuig was en nie almal is lugvaartkenners soos jy nie. As jy vir my nou gesê het dit is ‘n Cessna wat geval het, terwyl dit ‘n passasiersvliegtuig van dié grootte was, sou ek die verskil dadelik agtergekom het. Maar vir my – onkundige – is daar weinig verskil op die oog af tussen die Airbus whatever-whatever en die ander Airbus whatever-whatever.

Paul ·

Die berig gaan oor ‘n vliegtuigongeluk. Dus is korrektheid oor die basiese onderwerp, vliegtuie, hier belangrik.

Kom ons vat wel jou voorbeeld. ‘n Cessna 172 (die gewildste vliegtuig ooit) se vlerke is 11 meter lank. ‘n Airbus A320 se vlerke is 34 meter lank. Ongeveer drie keer groter. ‘n Airbus A330 se vlerke is meer as 60 meter lank – byna dubbeld so lank soos ‘n A320 se vlerke.

Maar ag, die twee is mos sommer maar dieselfde?
Neewat, daai argument gaan nie vlieg nie.

Dit sou wees soos om te sê as iemand verongeluk in ‘n Audi A1, daar sommer ‘n foto van ‘n Audi A8 opgesit kan word. “Aaag, dis ook ‘n Audi-kar en dit lyk soortvan dieselfde, maak nie saak dat dit anderhalf keer so groot is nie.”

Theo ·

Dis heel moontlik hoekom Paul dit genoem het, (my en jou onkunde) en nie uit ongevoeligheid nie. Hoe dit ook al sy, dis baie tragies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.