Vermiste kind (5) se lyk ná twee maande gevind

Aramazd Andressian jr. se liggaam is gevind nadat hy op 22 April vermis geraak het. Foto: Facebook

Die liggaam van ʼn vyfjarige seuntjie van Kalifornië in die VSA wat sedert April vermis was, is gevind.

Die Washington Post berig ʼn polisiewoordvoerder in Los Angeles het Saterdag bevestig Aramazd Andressian jr. se liggaam is Vrydag naby Lake Cachuma, net meer as 30 km noordwes van Santa Barbara, gevind. Volgens die polisie het hulle na die gebied teruggekeer om “bykomende bewyse te vind” en toe op Aramazd se liggaam afgekom.

Aramazd was sedert 22 April as vermis aangemeld nadat hy nie teruggekeer het van ʼn besoek aan sy pa nie. Maroela Media het vroeër berig Aramazd se pa, Aramazd Andressian sr. (35), is verlede maand in verband met sy seun se moord in hegtenis geneem.

Aramazd was veronderstel om ʼn week saam met sy pa deur te bring aangesien sy ouers gedeelde voogskap het. Die seuntjie is vir die laaste keer op 21 April om 01:00 gesien toe hy en sy pa Disneyland verlaat het. Volgens CBS News is Andressian sr. die volgende dag bewusteloos in ʼn park in Los Angeles gevind. Petrol was oor sy motor uitgegooi en voorskrifmedikasie is op die toneel gevind.

Andressian sr. het beweer hy weet nie waar sy seun is nie en kan niks van die voorval onthou nie. Hy het wel later ʼn verklaring uitgereik waarin hy sê sy seun wou eers by die plaaslike parkie gaan speel het voordat hy na sy ma sou teruggaan. “My enigste afleiding is dat ek aangeval is, juis omdat ek bewusteloos daar gelê het,” het die verklaring gelui.

Die oorsaak van Aramazd se dood is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pieterlewismuts ·

Nou toe nou.
Gebeure in LA CA VSA word hier gerapporteer maar plaasmoorde word nie daar gerapporteer nie.

Hoe we dit. Ek vra maar net

SARIE VAN HEERDEN ·

Pieterlewismuts, ek stem saam met nuus vir ons vanaf die buiteland. Net soos dit my verbaas dat mense op Facebook aankondig wat het hul vir brekfis gehad en wat gisteraand met hul gebeur het. Jare gelede het veral meisies, ‘n dagboek aangehou, nogal toegesluit met ‘n klein slotjie waar hul hul geheimpies met die dagboek gedeel het. Vandag word alles uitbasuin.

Afrikaanse Knaap ·

Voorskrif medikasie wat gemeng word is die gevaarlikste dwelms wat jy kry.
Veral as jy dit met alkohol afsluk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.