Vermiste man in slang gevind

‘n Skermskoot uit ‘n video van die voorval. Foto: Sulawesi-polisie via AP

ʼn 25-jarige Indonesiese man se liggaam is in ʼn luislang gevind nadat hy nie van die werk af teruggekeer het nie.

Die man se lyk is Maandag in Sulawesi gevind nadat inwoners na hom begin soek het toe hy nie Sondagaand teruggekeer het van sy plantasie waar hy met palmolie-gewasse boer nie.

Volgens berigte het inwoners op ʼn stewel afgekom voor hulle die 7 m lange luislang gewaar het. Die slang is doodgemaak en oopgesny waarna hulle op die man se liggaam afgekom het.

Luislange gryp hul prooi vas met hul skerp geboë tande en druk die prooi dood voor hulle dit insluk. Die slange kom wyd voor in Indonesië. Berigte van mense wat deur luislange gedood word, is egter raar. Hulle eet gewoonlik ape, varke en ander soogdiere.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

5 Kommentare

Johann ·

Wonder ek nou net hardop…kan mens nie sulke slangikies agter in n paar Fihraries se katte bakte wegsteek nie? Of selfs by die lughawens deplooij nie? Bdoel…seker hulle kan help met al die dierasies wat onwettig ingevoer word…of uitgevoer word? Nee serijiz! Alle VOER aktiwiteite van ongure aard kan gedek word! Ek bedoel…as ek reg lees sluk hulle graag “enandersoogdiere…..”

Dean ·

Arme slang (en man natuurlik), dit is omdat daar nie meer diere oor is in daai aaklige plantasies nie. Bly liefs weg van palmolie

ken benoni ·

Ons benodig ‘n klompie vir die parlement en die Unie-gebou. Daar is baie kos vir hulle!!

Christa ·

Ek dink nie ‘n luislang sal die slegte nagevolge oorleef nie. Gelukkig is hulle meer kieskeurig of dalk was hulle nog nooit SO HONGER NIE!!!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.