Die man se lyk is Maandag in Sulawesi gevind nadat inwoners na hom begin soek het toe hy nie Sondagaand teruggekeer het van sy plantasie waar hy met palmolie-gewasse boer nie.
Volgens berigte het inwoners op ʼn stewel afgekom voor hulle die 7 m lange luislang gewaar het. Die slang is doodgemaak en oopgesny waarna hulle op die man se liggaam afgekom het.
Luislange gryp hul prooi vas met hul skerp geboë tande en druk die prooi dood voor hulle dit insluk. Die slange kom wyd voor in Indonesië. Berigte van mense wat deur luislange gedood word, is egter raar. Hulle eet gewoonlik ape, varke en ander soogdiere.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Wonder ek nou net hardop…kan mens nie sulke slangikies agter in n paar Fihraries se katte bakte wegsteek nie? Of selfs by die lughawens deplooij nie? Bdoel…seker hulle kan help met al die dierasies wat onwettig ingevoer word…of uitgevoer word? Nee serijiz! Alle VOER aktiwiteite van ongure aard kan gedek word! Ek bedoel…as ek reg lees sluk hulle graag “enandersoogdiere…..”
Arme slang (en man natuurlik), dit is omdat daar nie meer diere oor is in daai aaklige plantasies nie. Bly liefs weg van palmolie
Ek dink nie ‘n luislang sal die slegte nagevolge oorleef nie. Gelukkig is hulle meer kieskeurig of dalk was hulle nog nooit SO HONGER NIE!!!