Vermiste ‘rower’ in krokodil se maag gevind

Matthew Riggins. Foto: Facebook via Brevard County-polisiestasie

Matthew Riggins. Foto: Facebook via Brevard County-polisiestasie

Die soektog na ʼn vermeende rower in die VSA het op ʼn verbysterende wyse tot ʼn einde gekom toe sy oorskot in die maag van ʼn krokodil gevind is.

Die Brevard County-polisiestasie in Florida het in ʼn verklaring gesê Matthew Riggins het die aand van 12 November vermis geraak nadat hy vir sy vriendin gesê het dat hy saam met ʼn vriend ʼn paar huise in Barefoot Bay gaan beroof en nooit weer teruggekeer het nie.

Die polisie is dieselfde aand deur inwoners van Barefoot Bay ontbied nadat hulle twee mans, wat heeltemal in swart geklee was, tussen die huise in die area sien rondloop het. Toe die mans die polisie gewaar, het hulle op die vlug geslaan. Die polisie het die area gefynkam, maar kon die verdagtes nie vastrek nie.

Dit het later aan die lig gekom dat Riggins sy vriendin kort daarna gebel het en gesê het dat die polisie op hul spoor is. Hy is later die dag as ʼn vermiste persoon by die polisie aangemeld.

Riggins se liggaam is op 23 November in ʼn meer in die omgewing gevind. ʼn Aggressiewe krokodil van meer as 3 m lank is naby die lyk gevind en het die polisie verhoed om naby die liggaam te kom. Die krokodil moes noodgedwonge gevang en van kant gemaak word. Tydens ʼn forensiese ondersoek op die krokodil is gedeeltes van Riggins se oorskot in sy maag gevind.

Die polisieondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Pierre Brink ·

Dit was ‘n alligator nie ‘n krokodil nie. Stem saam met Eliza-beth, karma.

Paul ·

Nie noodwendig nie, Pierre. Daar is, anders as wat mense dikwels dink, wel krokodille in die VSA ook, nie slegs alligators nie. Die spesie Crocodylus acutus kom deur groot dele van Suid-Amerika voor, maar ook in Meksiko, op die nabygeleë eilande en ook op die skiereiland van Florida. Die Amerikaanse alligator se wetenskaplike naam is Alligator mississippiensis.

Sommige aanlyn-nuusbronne skryf dat dit ‘n krokodil was, ander dat dit ‘n alligator was.

Stuart ·

Paul – krokodil, aligator, watookal dis soos Eliza-beth sê KARMA en dis goed so in die geval!

Vliegie ·

ha ha “Ek” ek het nou wraggies aan dieselfde ding gedink!!

Frans ·

Ons kroks is te kieskeurig verkies ‘n sappige bokkie bo ‘n taai dief.

Elinette ·

Maar toemaar, ons seekoeie nie! Hier verwys ek na die 3 onwettige ‘immigrante’ wat seker so twee, drie weke gelede, ten dode deur ‘n seekoei gekarnuffel is. “What comes around, goes around”, sê die Engelse.

Takkie ·

Elinette, jy weet dat twee van daai seekoei slagoffers kinders was? Die een wat dood is was maar tussen 7 en 9 jaar oud. Ek wonder hoe sou jy gevoel het as jy na ‘n ander land wou vlug oor jy nie meer iets het om te eet nie en jou kinders word deur ‘n seekoei dood gebyt. Ja hulle was swart en onwettig, maar verstaan jy die omstandighede? My mede Afrikaners is gou om iemand siek te noem, maar verlekker hulle in die dood van ‘n kind. Sies

Theresa B ·

Ag nou waarvoor word die krok van kant gemaak? Ok maar lekker blerrie stupid as jy my vra. Die arme “aggresiewe” krok het nou nie iemand gepla nie. Riggins was in sy gebied – nie andersom nie…………………….

Gesiggie ·

Ha ha… ja dit voorwaar n opgeleide krokedil…. meskien moet die boere daaraan dink om vir hul n krokedil aan te skaf… vir al die Rowers wat so toeslaan…. hou hom buite in die tuin in aande… meskien sal dit die oplossing vir al die plaas geweld wees”’ maar kry die krokedil van oorsee af?? nie S.A… Meer argresief??? .. net maar n gedagte…… Lag n bietjie…””’. daar is soveel Hartseer stories elke dag….

Atas ·

Glad nie ‘n slegte plan om ‘n paar Lacoste slaapsakke in ‘n moat om die huis aan te hou nie. Moet net seker maak dat flaffie – ma se soet skootbrakkie, nie, middernagtelik een van daai slaapsak, slagyster raak trap nie. ;) Ek dink nie die nyl krokodil sal ooit op ‘n bereigde spesie lys kom, , as hy so gekommersialiseer kan word nie.

Ludwig Visser ·

Kan die SAPD nie ‘n paar van daardie krokodille invoer nie? Ek sal een borg!

Johan ·

Hy is nie net simpel genoeg om n kreminele loopbaan te volg nie, nou ga staan en hou hy sy lyfie Jona, ongelukig het ou krokkie nie sy lyfie walvis gehou nie. Kom nou ek koop die storie nie, iemand het hom vir ou krokkie geoffer

Net so !!! ·

Ek saam Ludwig Visser Ek Sal nog een Borg!!!
So raak Ons gatvol dad ons a ding met tande Sal Borg !!!!!!!!!!

ja ·

Watter tipe vrou is saam n man wat jou bel en se “Ek gaan net gou n paar huise roof” ……? Sien dis darem nie net in SA nie…. :/

Jan maak n Plan ·

#ja – net een ding baie anders – daar moor hulle nie die mense in die huis sommer ook nie en veral nie omdat hulle wit is nie.

tamboti ·

Ou gesegde, “caught and killed by crocodile”
Semels – “trailor trash”

Charlene ·

Net jammer hulle moet die goeie krokedil van kant maak. Hulle kan mos soos mense gewag het tot die oorskot op `n ander manier uitkom. KARMA!
Net een vraag waar is die ou se meisie???? Hopenlik in die tronk want as my man, vriend of wie ook al vir my sê “Ons gaan huise roof” bel ek die polisie en klaar! Sy is mos eintlik `n medepligtige…. Ons kort `n paar van daai oulike goed op ons plase hier in SA. Dink die wit boere moet maar met krokedille ook begin boer of hoe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.