Vermiste Russiese vliegtuig het neergestort

'n Airbus A-321 van die Russiese lugredery Kogalymavia. Foto: Andrey Kirillov

‘n Airbus A-321 van die Russiese lugredery Kogalymavia. Foto: Andrey Kirillov

Die Russiese vliegtuig wat vermis geraak het kort nadat dit in Egipte opgestyg het, het neergestort.

Volgens die Egiptiese premier het die vliegtuig in die Sinai-skiereiland, ʼn ylbevolkte woestynstreek tussen die Rooisee en die Middellandse See, neergestort. Die vliegtuig het Saterdagoggend in Sharm el-Sheikh opgestyg onderweg na St. Petersburg in Rusland. Daar is egter kort nadat die vliegtuig opgestyg het kontak met die bemanning verloor.

Daar is aanvanklik berig dat daar 212 mense aan boord die vliegtuig was. Volgens berigte was daar egter 224 mense, onder wie sewe bemanningslede, aan boord.

Die Airbus A-321 van die Russiese lugredery Kogalymavia het sowat 23 minute nadat dit opgestyg het van die radar verdwyn. Die meeste passasiers is glo Russiese vakansiegangers. Soek- en reddingspanne is na die ramptoneel gestuur waar die vliegtuig neergestort het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.