Vermiste sussies 44 uur later lewend gevind

Leia en Caroline Carrico (Foto: Humboldt County Sheriff se kantoor via AP)

Twee sussies, onderskeidelik vyf en agt jaar oud, het net met ʼn paar oorlewingswenke, granola-eetstafies en hul pienk stewels ongeveer 44 uur in die ruwe wildernis in die noorde van Kalifornië in die VSA oorleef voor hulle Sondag veilig gevind is. Die twee meisies was gedehidreer en koud, maar in ʼn goeie luim en verder ongedeerd, het owerhede gesê.

Die hoof van die brandweer en ʼn brandbestryder van ʼn plaaslike brandweer het Leia en Caroline Carrico in ʼn beboste gebied ongeveer 2,3 km van hul huis in Benbow gevind, van waar hulle verlede Vrydagmiddag verdwyn het, het William Honsal, sheriff van Humboldt, gesê.

Die meisies het Vrydagmiddag omstreeks 14:30 hul ma gevra of hulle ʼn entjie kon gaan stap. Sy het “nee” gesê, maar kon hulle later nie opspoor nie.

Benbow is ongeveer 320 km noordwes van Sacramento geleë.

Familielede en vriende het Vrydagmiddag die omgewing gefynkam voor hulle die owerhede ontbied het wat toe deurnag tevergeefs na Caroline en Leia begin soek het.

Die meisies is Sondagoggend omstreeks 10:30 gevind.

Leia en Caroline Carrico (Foto: Humboldt County Sheriff se kantoor via AP)

“Die meisies was veilig en nie beseer nie, danksy oorlewingsopleiding wat hulle van hul plaaslike natuurbewaringsklub ontvang het,” het Honsal bygevoeg. “Dis ʼn absolute wonderwerk. Hierdie is ʼn rowwe terrein met uiterste weerstoestande. Hoe hulle 44 uur lank oorleef het, is nogal wonderlik.”

Die meisies het dadelik water, kos en warm klere gekry en is ondersoek, maar hulle was in ʼn goeie luim en ongedeerd.

“Baie van ons het die afgelope ongeveer 48 uur nie ʼn oog toegemaak nie. Om só positiewe uitslag te hê is absoluut wonderlik. Hierdie meisies het beslis ʼn oorlewingstorie om te vertel!”

Die brandbestryders wat die meisies gevind het, het hul stewelvoetspore gevolg. Die brandbestryders was deel van ʼn grootskaalse soektog saam met die Nasionale Wag, helikopters en snuffelhonde in die rowwe afgeleë terrein.

Reddingsbeamptes was vol hoop dat hulle die meisies sal vind toe hulle Saterdagmiddag op die voetspore en omhulsels van hul eetstafies afgekom het, het Lt. Mike Fridley bygevoeg. “Die omhulsels het vir ons ʼn rigting gegee van waar hulle begin het tot waar dit opgeëindig het.”

Fridley was die een wat die meisies se ma kon bel om haar in te lig haar dogters is veilig. “Sy het net gehuil en gelag oor die foon van vreugde.”

Die plakkaat wat versprei is toe Leia en Caroline Carrico verdwyn het (Foto: Humboldt County Sheriff se kantoor via AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

LD ·

Sjoe dis wonderlik!! So baie bly saam die ouers!!! Gelukkig was hulle nie in SA nie, want hier sou net hul lyke gevind word! Baie hartseer om so te praat van my geboorte land :(:(

Waarheid1 ·

Bravo aan almal wat gesoek het en dankie aan Liewe Jesus wat die twee kinders bewaar het.

Fanie ·

Ek is baie bly saam met ouers dit is n nagmerie wat hulle nooit sal vergeet nie

Yankee ·

Thank you Lord!! Thank you. And not only here, but in South-Africa, and all over the World, protect the children, for they are your Kingdom. Love you Lord Jesus!!!!!!!

Marisa ·

Ek sou baie bly wees om hulle te sien maar hulle agterstewe sou ‘n lekker pakslae gekry het hul ma het nee gesê hoekom het hulle in elk geval gegaan? Kinders van vandag gpmmf!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.