Vermiste vliegtuig: Frankryk verskaf ook satellietbeelde

01be3d395dd399cb7a1780083126f30b_LFrankryk het Maleisië met satellietbeelde verskaf van voorwerpe wat moontlik wrakstukke van die vermiste vliegtuig van Malaysia Airlines kan wees.

Die satellietbeelde wys “potensiele voorwerpe in die omgewing van die suidelike deurgang,” het Maleisië se departement van vervoer Sondag in ʼn verklaring gesê. Dit is glo in dieselfde omgewing waar China en Australië ook met satellietbeelde voorwerpe in die Indiese Oseaan waargeneem het. ʼn Maleisiese beampte wat by die ondersoek betrokke is sê die satellietbeelde wat deur Frankryk verskaf is, is Vrydag afgeneem en is sowat 930km noord van waar China en Australië voorwerpe waargeneem het. Lug- en seesoektogte in die areas het egter nog geen vrugte opgelewer nie. Die suidelike deurgang waarna verwys word, is ʼn area wat strek van die noorde van Indonesië tot in die Suidelike Indiese Oseaan. Die noordelike deurgang strek van die grens van Turkmenistan en Kazakhstan tot in die noorde van Thailand.

Die soektog na vlug MH370 gaan intussen onverpoosd voort. Meer as 40 vliegtuie en skepe van minstens 20 lande is op soek na die vliegtuig. Die Boeing 777, met 239 mense aan boord, het minder as ʼn uur nadat dit op 8 Maart opgestyg het, verdwyn sonder dat ʼn noodsein uitgestuur is.

Lees ook:
Vermiste vliegtuig: Nog satellietbeelde van drywende voorwerpe
Nog geen teken van wrakstukke van vermiste vliegtuig
Wrakstukke van vermiste vliegtuig moontlik gevind
Maleisië sê vermiste vliegtuig is gekaap
Maleisië ontken vermiste vliegtuig het aanhou vlieg
Olieboor-werker sê hy het vermiste vliegtuig gesien
Vermiste Boeing: Passasiers se selfone lui; vliegtuig steeds soek
Vermiste Boeing: “Vreemde voorwerp” opgemerk
Misterie om verdwene Maleisiese passasierstraler verdiep
Vermiste Boeing dalk gekaap
Vermiste vliegtuig het in see gestort; 239 vermis, bevestig Viëtnam
Boeing met 239 passasiers vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.