Vermiste vliegtuig het in see gestort; 239 vermis, bevestig Viëtnam

Familielede het pas die nuus verneem dat die vliegtuig geval het. Foto: Reuters

Familielede het pas die nuus verneem dat die vliegtuig geval het. Foto: Reuters

‘n Maleisiese passasiersvliegtuig met 227 passasiers en 12 bemanningslede aan boord het op ‘n vlug van Kuala Lumpur na Beijing in die see gestort. Die lugbeheer het omstreeks 0:24 Saterdagoggend kontak met die vliegtuig verloor.

Maroela Media het vroeër vanoggend berig dat die Boeing 777-200 vermis geraak het, maar daar was nog nie bevestiging dat die vliegtuig wel in die see gestort het nie.

Daar was gee Suid-Afrikaners aan boord nie. Die Viëtnamese mariene-owerheid het bevestig dat die vliegtuig naby die Viëtnamese eiland Tho Chu in die see gestort het. Alle skepe in die omgewing is versoek om te help soek na moontlike oorlewendes.

Daar was passasiers van 14 lande aan boord, hoewel meer as die helfte Chinese burgers was. Die ander passasiers was van Maleisië (38), Indonesië (12), Australië (7), Frankryk (3), VS (4), Nieu-Seeland (2), Oekraïne (2), Kanada (2), Rusland (1), Italië (1), Taiwan (1), Oostenryk (1) en Nederland (1).

Bron: Trouw

Lees ook:
Boeing met 239 passasiers vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.