Vermiste vliegtuig het neergestort; almal aan boord oorlede

malaysia airlines vermiste vliegtuigNajib Razak, eerste minister van Maleisië, het Maandag aangekondig dat die vermiste vliegtuig in die Indiese Oseaan neergestort het en almal aan boord oorlede is.

“Verteenwoordigers van die vliegtuigongeluk-ondersoekspan in die Verenigde Koninkryk (AAIB) het my vanaand in kennis gestel dat Inmarsat, die Britse maatskappy wat satellietdata oor die vliegtuig verskaf het, verdere berekeninge gemaak het,” het Razak Maandag tydens ʼn perskonferensie gesê. “Op grond van die nuwe analise het Inmarsat en die AAIB bepaal dat vlug MH370 langs die suidelike korridor gevlieg het en die laaste posisie van die vliegtuig was in die middel van die Indiese Oseaan, wes van Perth.”

Volgens Razak is dit ʼn afgeleë ligging, ver van enige landingstroke. “Dit is daarom, met die grootste hartseer, dat ek julle in kennis moet stel dat vlug MH370 in die suidelike Indiese Oseaan neergestort het.”

Hy het gesê ʼn perskonferensie is vir Dinsdag geskeduleer met verdere besonderhede.

“Malaysia Airlines het reeds met die familie van die passasiers en bemanningslede vergader om hulle oor die nuwe verwikkelinge in te lig,” het Razak bygevoeg.

Die vliegtuig het op 8 Maart, van Kuala Lumpur onderweg na Beijing, verdwyn.

Lees ook:
Vermiste vliegtuig: Noodvergadering belê
Vermiste vliegtuig: Frankryk verskaf ook satellietbeelde
Vermiste vliegtuig: Nog satellietbeelde van drywende voorwerpe
Nog geen teken van wrakstukke van vermiste vliegtuig
Wrakstukke van vermiste vliegtuig moontlik gevind
Maleisië sê vermiste vliegtuig is gekaap
Maleisië ontken vermiste vliegtuig het aanhou vlieg 
Olieboor-werker sê hy het vermiste vliegtuig gesien
Vermiste Boeing: Passasiers se selfone lui; vliegtuig steeds soek
Vermiste Boeing: “Vreemde voorwerp” opgemerk
Misterie om verdwene Maleisiese passasierstraler verdiep
Vermiste Boeing dalk gekaap
Vermiste vliegtuig het in see gestort; 239 vermis, bevestig Viëtnam
Boeing met 239 passasiers vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.