Vermiste vliegtuig: Nog satellietbeelde van drywende voorwerpe

01be3d395dd399cb7a1780083126f30b_LMaleisië se minister van vervoer het Saterdag aangekondig dat China nuwe satellietbeelde het van een of meer voorwerpe in die Indiese Oseaan wat moontlik deel kan wees van die vermiste vliegtuig van Malaysia Airlines.

“Die nuus wat ek pas ontvang het, is dat die Chinese ambassadeur satellietbeelde ontvang het van drywende voorwerpe in die suidelike deurgang en dat hulle skepe sal stuur om dit te bevestig,” het Hishammuddin Hussein, minister van vervoer, Saterdagoggend tydens ʼn mediakonferensie gesê. Dit was nie onmiddellik duidelik hoeveel voorwerpe gesien is nie maar volgens Hussein is een van die voorwerpe glo 22 meter by 30 meter. Die suidelike deurgang waarna verwys word, is ʼn area wat strek van die noorde van Indonesië tot in die Suidelike Indiese Oseaan. Die noordelike deurgang strek van die grens van Turkmenistan en Kazakhstan tot in die noorde van Thailand.

Die nuus kom nadat daar satelietbeelde ontvang is van twee voorwerpe in die suidelike deel van die Indiese Oseaan naby Australië. Die voorwerpe kon egter nog nie gevind word nie. Die soektog na vlug MH370 gaan intussen onverpoosd voort. Meer as 40 vliegtuie en skepe van minstens 20 lande is op soek na die vliegtuig. Die Boeing 777, met 239 mense aan boord, het minder as ʼn uur nadat dit op 8 Maart opgestyg het, verdwyn sonder dat ʼn noodsein uitgestuur is.

Lees ook:
Nog geen teken van wrakstukke van vermiste vliegtuig
Wrakstukke van vermiste vliegtuig moontlik gevind
Maleisië sê vermiste vliegtuig is gekaap
Maleisië ontken vermiste vliegtuig het aanhou vlieg
Olieboor-werker sê hy het vermiste vliegtuig gesien
Vermiste Boeing: Passasiers se selfone lui; vliegtuig steeds soek
Vermiste Boeing: “Vreemde voorwerp” opgemerk
Misterie om verdwene Maleisiese passasierstraler verdiep
Vermiste Boeing dalk gekaap
Vermiste vliegtuig het in see gestort; 239 vermis, bevestig Viëtnam
Boeing met 239 passasiers vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.