Vermiste vliegtuig: Noodvergadering belê

Boeing 777-200‘n Noodvergadering is pas in Beijing byeengeroep vir die familielede van passasiers van die vermiste vliegtuig van Malaysia Airlines se vlug MH370.

ʼn Vliegtuig van Australië wat na die vermiste vliegtuig op soek was, het Maandag glo vier voorwerpe in die soekgebied opgemerk. Die voorwerpe is sowat 2 500km suidwes van Perth waargeneem, berig Sky News.

Intussen berig Sky News dat familielede op huurvlugte bespreek word om hulle na Australië te neem.

“Ek wil dit beklemtoon dat ons nie weet of enige van hierdie voorwerpe van vlug MH370 is nie, dit kan net opdrifsels wees,” het Tony Abbot, Australië se eerste minister, vroeër aan die parlement gesê. “Ons gaan die voorwerpe identifiseer en hopelik is dit ‘n tree nader aan die oplossing van hierdie tragiese raaisel.”

Die Australiese militêre skip, HMAS Success, is die enigste vaartuig tans in die soekgebied en is na die gebied gestuur.

Vliegtuie van China wat aan die soektog deelneem het Maandagoggend twee voorwerpe in die soekgebied opgemerk.

Meer as 40 vliegtuie en skepe van minstens 20 lande is op soek na die vliegtuig. Die Boeing 777, met 239 mense aan boord, het minder as ʼn uur nadat dit op 8 Maart opgestyg het, verdwyn sonder dat ʼn noodsein uitgestuur is.

Lees ook:
Vermiste vliegtuig: Frankryk verskaf ook satellietbeelde
Vermiste vliegtuig: Nog satellietbeelde van drywende voorwerpe
Nog geen teken van wrakstukke van vermiste vliegtuig
Wrakstukke van vermiste vliegtuig moontlik gevind
Maleisië sê vermiste vliegtuig is gekaap
Maleisië ontken vermiste vliegtuig het aanhou vlieg 
Olieboor-werker sê hy het vermiste vliegtuig gesien
Vermiste Boeing: Passasiers se selfone lui; vliegtuig steeds soek
Vermiste Boeing: “Vreemde voorwerp” opgemerk
Misterie om verdwene Maleisiese passasierstraler verdiep
Vermiste Boeing dalk gekaap
Vermiste vliegtuig het in see gestort; 239 vermis, bevestig Viëtnam
Boeing met 239 passasiers vermis

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.