Vermiste vliegtuig: Vlieënier nou hoofverdagte

Kaptein Zaharie Ahmad Shah en sy gesin Foto: Facebook

Kaptein Zaharie Ahmad Shah en sy gesin Foto: Facebook

Die vlieënier van die vermiste Vlug MH370 is nou as die hoofverdagte aangewys in die polisie in Maleisië se ondersoek.

Die Sunday Times het berig die uitslag van die ondersoek is nog nie amptelik bekend gemaak nie, en die polisie wil ook nog nie die moontlikheid dat die vliegtuig weens meganiese probleme of terrorisme verdwyn het, uitskakel nie. Volgens die koerant is die polisie egter van mening dit is weens iemand se optrede.

Kaptein Zaharie Shah (53) is ook die enigste persoon wat nie enige toekomsplanne gemaak het ná 8 Maart nie. Ondersoekbeamptes kon ook die data herwin van ʼn vlugsimulator wat Shah tuis gehad het. Dit blyk dat hy geoefen het om op ʼn baie kort aanloopbaan op ‘n klein eilandjie in die suidelike Indiese Oseaan te land. Die naam van die eiland is nie bekend gemaak nie.

Intussen is daar nog steeds geen teken van die vermiste vliegtuig of die wrak nie. Die vliegtuig van Malaysia Airlines het op 8 Maart 2014 tussen Kuala Lumpur en Beijing met 239 persone aan boord verdwyn.

Lees ook:
Soektog na vermiste vliegtuigwrak uitgestel
Vermiste vliegtuigwrak steeds soek
Video: Geen teken van vermiste vliegtuigwrak ondanks “voorwerp van belang”
Geen verdere seine van vermiste vliegtuigwrak
Seine is van vermiste vliegtuig
Seine van vlugopnemer weer opgespoor
Chinese skip kry sein in Indiese Oseaan
Vermiste vliegtuig: ‘n Stryd teen tyd
Raaisel oor vermiste vliegtuig dalk nooit opgelos
Voorwerpe nié deel van vermiste vliegtuigwrak
Nuwe soekgebied vir vermiste vliegtuig
Soektog na vermiste vliegtuigwrak duur voort
Malaysia Airlines betuig meegevoel met naasbestaandes
Vermiste vliegtuig het neergestort; almal aan boord oorlede
Vermiste vliegtuig: Noodvergadering belê
Vermiste vliegtuig: Frankryk verskaf ook satellietbeelde
Vermiste vliegtuig: Nog satellietbeelde van drywende voorwerpe
Nog geen teken van wrakstukke van vermiste vliegtuig
Wrakstukke van vermiste vliegtuig moontlik gevind
Maleisië sê vermiste vliegtuig is gekaap
Maleisië ontken vermiste vliegtuig het aanhou vlieg 
Olieboor-werker sê hy het vermiste vliegtuig gesien
Vermiste Boeing: Passasiers se selfone lui; vliegtuig steeds soek
Vermiste Boeing: “Vreemde voorwerp” opgemerk
Misterie om verdwene Maleisiese passasierstraler verdiep
Vermiste Boeing dalk gekaap
Vermiste vliegtuig het in see gestort; 239 vermis, bevestig Viëtnam
Boeing met 239 passasiers vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Shannon ·

Weereens, alle leidrade en inligting van buite die ondersoek van Australië – met oogklappe – word deur beide die VSA en die media so vêr as moontlik mis gekyk. Die poppespel meester moet nou ten alle koste sorg dat die hele wêreld aanhou glo dat die kaptein `n mal mens was.

Verstommend hoe robot-agtig die media elke oggend inskakel by die Reuters kraan om hul daaglikse dosis vervaardigde nuus te ontvang en dit dan op te skep vir `n gretige gehoor. Van min belang is die feit dat die persoon wat met sy eie oge gesien het hoe `n straler brand in die lug in die noordelike halfrond nou van sy pos onthef is. Gerieflikheid onthalwe verloor die media belang in die publiek se reg om te weet wanneer `n diepsee verkennings maatskappy `n sein opspoor in die omgewing waar die vliegtuig laas op radar sigbaar was.

Waarom :
– word web werwe wat spekuleer oor bv. `n Suid Koreaanse misiel wat die siviele vliegtuig dalk kon afgeskiet het een na die ander verwyder ?
– word hierdie selfde bronne heel onder aan Google se soek resultate geplaas ten spyte van die skeppers se beste pogings in Search Engine Optimization ?
– waarom spandeer Australië (namens Maleisië) letterlik miljoene (namens die Australiaanse publiek) deur met skepe in die Suid Indiaanse oseaan rond te ry en niks reg te kry nie ?
En dan, waarom :
– verdwyn `n passasier straler op `n geskeduleerde vlug totaal vanaf die radar skerms ? Skoonveld ?!
– merk nie `n enkele bemannings lid die feit dat die mal kaptein vir letterlik 6 ure lank vlieg in `n rigting wat tot gevolg het dat die son aan die verkeerde kant van die vliegtuig opkom nie ? O ja, en die selfde vir die “slapende” passasiers ?

Maria K ·

@Shannon – al ooit gehoor van “conspiracy theories?” Moenie als glo wat jy op enige webwerf lees glo nie…

miemie ·

Nou waarom sou die Kaptein van die tuigie dit dan nou wou doen. En indien al die inligting vanaf die vlugsimulator verkry is, maar besonderhede omtrent die eiland nie bekend gemaak kan word nie, waarom gaan stel polisie dan nie ondersoek in omtrent dit nie? Dis al lead wat hulle tans het. Pateties

Marlene ·

Ek se nog van die begin af daai vliegtuig staan iewers op n eiland en die kaptein sit agter alles. Hy het alles afgeskakel sodat hulle nie die vliegtuig kan opspoor nie. Terrorisme se ek. Hulle het wel die vliegtuig en die passasiers. Wag maar daar gaan nog baie gebeur oor die storie.

AmY ·

Ek glo steeds daai vliegtuig is op die bodem van die see. Ek mag verkeerd wees, maar my ‘gut-feeling’ sê vir my dis al lankal verby met almal op die vliegtuig.

Maar met tyd sal ons wel meer wys word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.