Vermiste vliegtuigwrak: Families moet nou terugkeer huis toe

malaysia airlinesMalaysia Airlines het die familielede van die vermiste passasiers van Vlug 370 aangeraai om hul hotelle te verlaat en terug te keer huis toe.

Die lugredery betaal al sedert 8 Maart vir die familielede om in hotelle tuis te gaan sedert die vliegtuig verdwyn het. Die familielede is hier op hoogte gehou van enige verwikkelinge.

Die lugredery het egter Donderdag in ʼn verklaring gesê die families moet nou die inligting uit die “gemak van hul eie huise” ontvang. Die lugredery gaan sy familiebystandsentra op 7 Mei sluit, maar sal ondersteuningsentra in Kuala Lumpur en Beijing inrig. Die familielede sal telefonies en deur vergaderings op hoogte gehou word van enige verdere verwikkelinge.

Die lugredery het ook gesê hy sal vergoeding aan die naasbestaandes uitbetaal.

Daar was sedertdien nog nie ‘n teken van die vermiste vliegtuigwrak nie. Die soektog duur voort. -SAPA

Lees ook:
Vermiste vliegtuigwrak steeds soek
Video: Geen teken van vermiste vliegtuigwrak ondanks “voorwerp van belang”
Geen verdere seine van vermiste vliegtuigwrak
Seine is van vermiste vliegtuig
Seine van vlugopnemer weer opgespoor
Chinese skip kry sein in Indiese Oseaan
Vermiste vliegtuig: ‘n Stryd teen tyd
Raaisel oor vermiste vliegtuig dalk nooit opgelos
Voorwerpe nié deel van vermiste vliegtuigwrak
Nuwe soekgebied vir vermiste vliegtuig
Soektog na vermiste vliegtuigwrak duur voort
Malaysia Airlines betuig meegevoel met naasbestaandes
Vermiste vliegtuig het neergestort; almal aan boord oorlede
Vermiste vliegtuig: Noodvergadering belê
Vermiste vliegtuig: Frankryk verskaf ook satellietbeelde
Vermiste vliegtuig: Nog satellietbeelde van drywende voorwerpe
Nog geen teken van wrakstukke van vermiste vliegtuig
Wrakstukke van vermiste vliegtuig moontlik gevind
Maleisië sê vermiste vliegtuig is gekaap
Maleisië ontken vermiste vliegtuig het aanhou vlieg 
Olieboor-werker sê hy het vermiste vliegtuig gesien
Vermiste Boeing: Passasiers se selfone lui; vliegtuig steeds soek
Vermiste Boeing: “Vreemde voorwerp” opgemerk
Misterie om verdwene Maleisiese passasierstraler verdiep
Vermiste Boeing dalk gekaap
Vermiste vliegtuig het in see gestort; 239 vermis, bevestig Viëtnam
Boeing met 239 passasiers vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.