Vermiste vliegtuigwrak steeds soek

malaysia airlinesAustralië se eerste minister het Maandag aangekondig dat die soekgebied na die vermiste vliegtuigwrak van Vlug MH370 uitgebrei gaan word.

Hy het erken dit is nou “hoogs onwaarskynlik” dat enige wrakstukke op die oppervlak opgespoor sal word.

Die grootskaalse soektog na die vermiste Boeing 777 van Malaysian Airlines in die suidelike Indiese Oseaan het nog geen vrug gelewer nie.

“Ons pogings in die lug, op die oppervlak en onder die see het nog geen teken van die wrakstukke opgelewer nie,” het Tony Abbott gesê.

Daar word al 52 dae lank na die wrak van die vliegtuig gesoek nadat dit op 8 Maart, met 239 persone aan boord, verdwyn het. Die vliegtuig het vermoedelik in die see wes van Australië neergestort nadat dit raaiselagtig van sy roete tussen Kuala Lumpur en Beijing afgedwaal het.

Abbott sê die onderwaterpoging sal nou opgeskerp word en nagenoeg 60 000 vierkante kilometer van die seebodem sal gefynkam word.

Die reddingspoging kan moontlik nog tussen ses tot agt maande lank duur. Agt lande, naamlik Australië, Nieu-Seeland, Maleisië, Japan, Korea, Amerika, Engeland en China was tot dusver op eie onkoste by die soektog betrokke.

Selamat Omar (60), wie se 29-jarige seun een van die passasiers was, het gesê ander moontlikhede moet ondersoek word indien niks onder die water gevind word nie. “Omdat daar nog geen teken van ʼn ongeluk was nie, moet ek dink dat my seun moontlik nog steeds leef,” het Omar gesê. -SAPA

Lees ook:
Video: Geen teken van vermiste vliegtuigwrak ondanks “voorwerp van belang”
Geen verdere seine van vermiste vliegtuigwrak
Seine is van vermiste vliegtuig
Seine van vlugopnemer weer opgespoor
Chinese skip kry sein in Indiese Oseaan
Vermiste vliegtuig: ‘n Stryd teen tyd
Raaisel oor vermiste vliegtuig dalk nooit opgelos
Voorwerpe nié deel van vermiste vliegtuigwrak
Nuwe soekgebied vir vermiste vliegtuig
Soektog na vermiste vliegtuigwrak duur voort
Malaysia Airlines betuig meegevoel met naasbestaandes
Vermiste vliegtuig het neergestort; almal aan boord oorlede
Vermiste vliegtuig: Noodvergadering belê
Vermiste vliegtuig: Frankryk verskaf ook satellietbeelde
Vermiste vliegtuig: Nog satellietbeelde van drywende voorwerpe
Nog geen teken van wrakstukke van vermiste vliegtuig
Wrakstukke van vermiste vliegtuig moontlik gevind
Maleisië sê vermiste vliegtuig is gekaap
Maleisië ontken vermiste vliegtuig het aanhou vlieg 
Olieboor-werker sê hy het vermiste vliegtuig gesien
Vermiste Boeing: Passasiers se selfone lui; vliegtuig steeds soek
Vermiste Boeing: “Vreemde voorwerp” opgemerk
Misterie om verdwene Maleisiese passasierstraler verdiep
Vermiste Boeing dalk gekaap
Vermiste vliegtuig het in see gestort; 239 vermis, bevestig Viëtnam
Boeing met 239 passasiers vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.