Vermiste Windhoek-vrou se liggaam gevind

Elna-Marie Abbott (29) wat Woensdag vermis geraak het. Haar liggaam is vanoggend gekry. (Foto: Facebook)

Die onthoofde liggaam van ʼn niggie van die sangeres Elizma Theron is Vrydagoggend op ʼn treinspoor in Windhoek aangetref.

Elna-Marie Abbott is eergister as vermis aangemeld. Vriende en familie van die 29-jarige vrou het hulle na sosiale media gewend en daar gepleit vir hulp om Abbott op te spoor.

Die Namibiese koerant Informanté berig ʼn kondukteur van die TransNamib het Abbott se lyk vanoggend op die spoor naby die Game-winkelsentrum in Windhoek gesien en die polisie ontbied.

Luidens berigte is Abbott se liggaam op die treinspoor geplaas in ʼn poging om die voorval na ʼn selfmoord te laat lyk. Daar word bespiegel dat Abbott moontlik vermoor is omdat die wonde aan haar lyk glo nie ooreenstem met die wonde wat treinwiele sou veroorsaak nie.

Abbott se silwerkleurige VW Golf 5 (registrasienommer N27434WB) word steeds gesoek.

Die Namibiese Republikein berig die polisie is steeds op die toneel om dit vir leidrade te fynkam.

Theron het op haar amptelike Facebook-blad die nuus bevestig. “ Ons harte is stukkend…. Elna-Marie se liggaam is vanoggend gevind. Haar kar is nog steeds weg, as julle enige inligting het, asseblief bel die Namibiese polisie. Dankie vir almal se gebede, en shares … dit het baie gehelp om haar kry [sic],” het sy geskryf.

ʼn Familielid kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Anni ·

Ag Nee hel wanneer gaan di MOORDE stop!!!!!!!!!! My innige mee gevoel met verlies

Pieter Carstens ·

Geen einde aan moorde. Eerste kennis wat ons opdoen oor moord is die van Kian. In dieselfde hoofstuk, tweede moord, Lamech Gen 4:23

Leon Pit ·

Dis tragies en onmenslik wreed.
N Oog vir n Oog en n Tand vir n Tand.
Mag haar moordenaars wreed gestraf word.

Maal miljoen ·

Ek stem, dis tyd dat ons die wereld terugvat en die moordenaars brutaal uitsluit.

Michelle ·

Ag dis soooo onnodig.
My innige simpatie aan hierdie familie.
Tragies.

Skerpioen ·

Dis vir my sulke hartseer nuus. Nog maar net 29jaar oud. Baie sterkte aan al die familie. Ek wens so dat ek iets kon sê wat die pyn minder maak… ek wens ek kon iets doen wat al die boosheid op hierdie aarde kon stop. Maar wat ek wel kan doen is om te bid vir almal… vir krag en genade…

Amelia ·

Gewonder wanneer gaan SA se geweld oorwaai. En kyk nou mooi, dit gaan of n suid-afrikaanse burger wees of n burger van een van die ander buurlande. Dit sal nie n Suidwester wees nie.

Oud suidwester ·

EFF het nou verskeie takke in ander lande oopgemaak . dit is toe die moeilikheid in Namibie begin het, daar is ook al boere op hulle plase vermoor . waar daardie ROOI BRANDER spoel is daar moeilikheid.

Mirabilis ·

Nee wat Elmarie jou steling hou nie water nie, vir solank as wat ek kan onthou (30jr+) en nog lank voordat daar partye soos die EFF en BFLF was, was blankes in my land al die teiken van politieke moorde gewees. En wat maak ‘n ‘Suidwester’ dan nou so spesiaal dat hy/sy nie vermoor of gemoor kan word nie?

Kai ·

Hemel! Die familie lees jul kommentaar. Hierdie is grusaam genoeg. Sy is van beide lande. Nasionaliteit en politiek het niks hiermee te doen. Toon eerder medelye. Die trane is nog BITTER rou.

treurgrond ·

My Jesus dis so so so hartseer. Waarom gebeur sulke goed net asof dit normaal is – dit is nie Liewe Jesus dit is nie normaal nie – my hart is ook net sommer seer. so seer sommer net helemal seer. Liewe Jesus gaan asseblief saam met die familie my God sit U hande oor hulle almal.

Anoniem ·

Hartseer, hartseer en in Namibië van alle lande ! WAT gaan aan met die MENSDOM ??? ???

Hou die grensposte dop en die hawens ! Die skuldige sal UITDOP iewers

Gustav ·

Ondervra maar mense wat haar ken. Twyfel of n totale vreemdeling dit soos selfmoord sal laat lyk. Te veel moeite vir n vreemdeling.

Kai ·

Nie noodwendig vreemdeling… 80% moordenaars is bekend aan hul slagoffers volgens statistiek. Moenie spekuleer, die familie gaan deur genoeg

willem Botha ·

Baie tragies,maar ek glo namibië het regte polisie en Nampol sal die saak KAN ondersoek en die skuldiges vastrek en ek is amper seker die skuldiges gaan sa mense wees.

Bietjie baie ·

Sjoe, dis wreed en die waarheid gaan van die huis dakke af verkondig word. Waarheid kom altyd uit.

Daardie persoon wat dit gedoen het, het nie eintlik veel opsies nie. Gevang, sal hy/ sy gevang word.
Al vang die woestyn hom/haar. Geregtigheid is sal geskied.

oopkop ·

So n pragtigr vrou wat so moes sterf. Hoe verwerk haar familie en geliefdes so iets? Innige simpatie aan die naasbestaandes

Donderstorm ·

Ja ek glo dat dit iemand bekend aan haar moet wees n vreemdeling sou nie so ver gegaan het nie sigaret stompies kan meskien wys dat die persoon dit nie beplan het en eers besluit het na hom of haar daad wat om verder te doen hul moet ook sekerlik kyk of haar motor se tru spieels of sitplekke verstel is want mense sonder omte dink verstel gewoonlik die motor sitplek en spieels kan meskien vinger afdruke opspoor dan die wereld is siek sterkte aan haar familie mag YHWH met julle wees.

Marinda ·

Tragies, innige simpatie aan die familie en naasbestaandes.

herman ·

In Botswana word geen moord gepleeg nie want die doodstraf is in plek. In SA 56 per dag??

Vryheid ·

…..en vandag se wonderlike slim mense kan dit nie uitwerk – die sinsverwarring wat oor die mense van ongehoorsaamheod kom soos beskryf Romeine 1. Geen wysheid en geen insig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.