Veroordeelde ná 14 jaar eers tronk toe

Cornealious Anderson

Cornealious Anderson

‘n Amerikaner wat in 2000 in Missouri weens gewapende roof dertien jaar gevangenisstraf opgelê is weens gewapende roof, moet nou sy tronkstraf begin uitdien.

Toe Cornealious Anderson gevonnis is, het die regter hom aangesê om tuis te gaan wag vir die oproep dat hy hom vir die tronkstraf moet aanmeld. En dis presies wat hy gedoen het.

Anderson het intussen getrou, kinders gekry en ‘n uiters voorbeeldige lewe gelei – tot getrou belasting betaal. Hy het sy identiteit nooit probeer verbloem nie.

Toe die fout onlangs opgespoor is, is Anderson met ‘n groot vertoon dur ‘n SWAT-eenheid aangekeer.

Anderson en sy regspan beveg nou die gevangeneming. Sy regsverteenwoordiger argumenteer dat die gevangenisstraf bedoel is om te rehabiliteer, en dit is presies wat Anderson gedoen het.

Bron: AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.