Verpleegster van ikoniese foto sterf

Greta Friedman en George Mendonsa in die ikoniese foto deur Alfred Eisenstaedt

Greta Friedman en George Mendonsa in die ikoniese foto deur Alfred Eisenstaedt

Greta Friedman, die verpleegster wat bekendheid verwerf het in ʼn ikoniese foto toe ʼn vlootsoldaat haar in 1945 gesoen het om die einde van die Tweede Wêreldoorlog te vier, is in die ouderdom van 92 oorlede.

Friedman is in ʼn hospitaal in Richmond, Virginia, weens longontsteking oorlede.

Sy was ʼn 21-jarige tandheelkundeassistent toe George Mendonsa haar op 14 Augustus 1945 in Times Square gesien en haar gesoen het. Inwoners het die strate van Manhattan ingevaar om die oorwinning te vier.

Die foto is geneem deur Alfred Eisenstaedt, ʼn fotograaf vir Life Magazine en dit het een van die bekendste kulturele ikone van die 20ste eeu geword.

Volgens haar familie sal sy in Arlington- nasionale begraafplaas ter ruste gelê word, langs haar man, dr. Misha Friedman.

Mendonsa woon in Newport, Rhode Island.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kobus ·

Pragtig, dit is hoe die lewe moet wees, vol uitdagings. Gryp dit aan, deel dit, die lewe is ‘n ontdekkingsreis, nie net oor jouself en wie jy is nie, maar ook oor die lewe en wat dit te bied het. Koester dit, dit is binne ‘n oogwink verby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.