Verpleegster vas oor dood van meer as 10 babas

Lucy Letby (Foto: Facebook)

ʼn 28-jarige verpleegster van die stad Chester in Engeland is dié week in hegtenis geneem in verband met die dood van meer as tien babas en die poging tot moord van nóg talle babas in ʼn plaaslike hospitaal.

Volgens die BBC is Lucy Letby (28) in hegtenis geneem ná ʼn ondersoek oor die hoë sterftesyfer van babas by die Countess of Chester-hospitaal in dié stad.

Die polisie het glo in Mei verlede jaar ʼn ondersoek na die dood van 15 babas van stapel gestuur. Die babas is glo tussen Junie 2015 en Junie 2016 dood. Plaaslike owerhede het egter dié week bevestig dat die ondersoek nou die dood van 17 babas en 15 ander gevalle by twee hospitale insluit – en Letby word na bewering by talle van dié gevalle geïmpliseer.

Luidens The Guardian het polisieowerhede Letby Dinsdag in hegtenis geneem. Die polisie van West Marcia het glo Woensdag ook by Letby se ouerhuis in Hereford aangeklop as deel van hul voorlopige ondersoek.

“Ek het talle polisiemotors by haar huis sien aankom. Daarna het nog ʼn paar motors en ʼn groot polisiewa ook daar opgedaag. Die polisie het later ʼn tent by die ingang van die huis gesit om die huis af te sper,” het ʼn buurvrou van Letby aan die BBC gesê.

Ander naasbestaandes van die verpleegster het haar as ʼn professionele werker bestempel wat nie ʼn “vlieg sou seermaak nie” en passievol was oor haar “droomwerk”.

“Almal is steeds in skok oor die voorval,” het ʼn vriendin wat anoniem wou bly aan The Guardian gesê. “Sy het die werk gedoen waarvan sy nog altyd gedroom het en het voorgekom as ongelooflik toegewyd en professioneel.”

Letby het in 2011 as ʼn verpleegster gekwalifiseer en het in dieselfde jaar vir die Countess of Chester-hospitaal begin werk nadat sy drie jaar vantevore ʼn studenteverpleegster vir dieselfde hospitaal was.

Die Liverpool Women’s NHS-stigting het aan The Guardian bevestig dat Letby ook tydens haar opleiding deur dié stigting by ander hospitale opleiding ontvang het. Sy word daarom ook ondersoek vir die sterftes van babas by ʼn tweede hospitaal.

Dit is nog onduidelik presies hoe die babas in die onderskeie hospitale gesterf het. Polisieowerhede wou hangende die ondersoek nie meer inligting bekend maak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Henry ·

Sjoe!
Laat my dink aan al die baba’s wat destyds in die konsentrasie kampe gesterf het.
Wonder of dit ‘n unieke Britse probleem is.

Nettie ·

@Henry – uhm …… die sowat 22 000 kinders (dus: persone onder die ouderdom van 16) wat destyds in die konsentrasiekampe tydens ABO II gesterf het, het nie gesterf a.g.v. die inmenging van medici en verpleegpersoneel nie.

Hulle het gesterf a.g.v. swak higiëniese omstandighede, tekort aan goeie voeding, swak organisasie (plasing) van die kampe, tekort aan mediese sorg, blootstelling aan die natuur en bakteriële/virale infeksies waarteen hulle (as plaaskinders, in afsondering) geen verweer gehad het nie (bv. masels, maagkoors, witseerkeel).

Net so bietjie beligting van die ware geskiedenisfeite …. in antwoord op jou bewering dat die Britse nasie klaarblyklik moordsugtig is.

Henry ·

Me Nettie,
Dat die Britte die konsentrasie kampe as ‘n wreedaardige, oftewel moordsugtige metode van oorlogvoering gebruik het om die twee Republieke tot oorgawe te dwing en die boerekrygers van die slagveld af te dwing, is stokou nuus en vir seker nie ‘n bewering nie. Dit is ‘n feit.

Katerina ·

En sy lyk na die mees normale “girl next door” wat jy jou kan voorstel..Dit is bloedstollend..baie maal kan jy van iemand se foto die gevoel kry dat daar n skroef los is. Definitief nie met haar nie,as jy na haar kyk is daar geen rooi ligte wat flikker om jou die gevoel te gee dat daar Dalk iets onguur of gevaarlik aan haar is..Wel as hierdie sterftes haar toedoen is,hoop ek sy sit lewenslank. Sulke boosheid hoort nie in die samelewing.

Nettie ·

@Henry – die konsentrasiekampe was deel van ‘n véél groter volksuitwissingsprogram, genaamd “Scorched Earth” deur Sir Horatio Herbert Kitchener. Die Engelse het gesien dat die Boere veel meer uithouvermoë het as wat hulle gedink het (hulle het gedink die oorlog sou verby wees teen Kersfees 1899). Toe maak hulle maar oorlog teen vroue, kinders en ou mans, wat soos skape aangekeer is, hul huise en plase verwoes is en hulle te voet en agter op oop beestrokke na die kampe aangevoer is.

Jy mis egter die punt met betrekking tot die relevansie van hierdie artikel en jou aanvanklike opmerking. Me. Letby het – na bewering – uit die aard van haar werk aanleiding gegee tot ± 15 babas se dood, waarskynlik as gevolg van Munchausen-by-Proxy-sindroom. Dit beteken nie dat ALLE Britte moordenaars is nie.

En dit doen nie afbreuk aan die wreedaardigheid van die konsentrasiekampe gedurende ABO II of lewer ontkenning van die bestaan van die konsentrasiekampe in geheel nie. Ek wil myself as ‘n effens bogemiddelde leke-kenner van die Boere Oorloë (ja, daar was meer as een!) benoem. omdat die onderwerp my geweldig interesseer en ek baie daaroor nalees en talle boeke daaroor het.

Danie ·

Ek verstaan nou die hele bohaai nie. Hoe presies verskil hierdie met aborsie. Onskuldige babas word dood gemaak. Sommige voor geboorte , Sommige na geboorte.

Punt is babas word dood gemaak. Dit is baie skynheilig om te kla wanneer ‘n baba na geboorte dood gemaak word maar nie te kla en selfs aan te dring daarop dat babas voor geboorte dood gemaak word.

Suzette ·

Baie dankie Danie, ek stem 100% saam met jou. ‘n Ongebore baba is ook ‘n baba en het ook die reg om te leef. Die nie hulle skuld dat hulle daar is nie, nou word hulle om verskillende redes gestraf deur geaborteer te word. Waar is die verontwaardiging daaroor?

hoenou? ·

@Danie dit is twee verskillende onderwerpe! Die ouers van die oorlede babas wou hulle nie laat aborteer nie! Hulle het hulle kosbare en geliefde babas na ‘n hospitaal geneem om te verseker hulle bly leef en word gesond huis toe gestuur!! Dit is baie harteloos om so ‘n stelling te maak.

Nettie ·

@Danie – ek verskil daar van jou – ja, babas word doodgemaak, voor en ná geboorte. Maar wanneer is ‘n embrio nou ‘n fetus of ‘n baba en is ‘n baba noodwendig ‘n embrio of fetus?

Nòg ‘n embrio nóg ‘n fetus kan buite die baarmoeder leef/oorleef. Is dit dan ‘n baba wat vermoor/doodgemaak word? En het ‘n vrou nie die keuse en besluit oor haar eie liggaam en wat daarin aangaan nie? En is voorbehoedmiddels nie maar ook ‘n wyse waarop babas ‘vermoor’ word nog voor hulle verwek word nie?

Wat is erger: ‘n embrio/fetus wat voor 12 weke van swangerskap ‘afgebring’ word of ‘n baba aan wie daar lewe geskenk word, maar wat dan op ‘n ashoop of in ‘n put-toilet gelos word om dood te gaan?

Dit is vir my ses van die een en ‘n halfdosyn van die ander.

Mamma ·

As ek sulke berigte lees, is ek die Vader baie dankbaar vir die engele van neonatal sisters wat my baba en al die ander prem en siek babas by Pta Oos hospitaal so mooi versorg en geliefie het. Hulle was waarlik baie besorgd oor elke klein mensie wat daar gelé het. Ek het altyd gesê dis regtig spesiale mense wat neonatale sisters word. Hierdie is sowaar skokkend!!!

Gesiggie ·

Lucy lyk glad nie vir my na iemand wat tot so iets in staat is.. sy lyk na n Liefdevolle person met n oop gesig.. stem 100% saam jou Katerina.. ek sien ook geen teken wat aan my bewys?? something is not right up there.. sy lyk na n beskaafde meisie.. meskien iemand anders wat vir haar lewe wil moeilik maak… sal graag opvolg wil lees en hoor wat hier gebeur het. kan nie sien hoe so n mens so iets kan doen, Sal wag om te hoor

MM ·

Die ondersoek duur al langer as ‘n jaar, ek glo dat die polisie in Engeland baie seker was van hul saak voor die arrestasie. Ek sal nie verbaas wees as sy ‘n verskriklike sielkundige probleem het wat spruit uit ‘n miskraam of aborsie nie of dalk is sy net plein gek in die kop. Ek dink nou hoe lank ek vir my dogter moes wag, net om dalk iemand soortgelyk in ons kraamsaal te kon gehad het. Hoe vermoor jy ‘n weerlose baba?????? Nee, dit is heeltemal te verbysterend om aan te dink hoe iemand soveel mense se lewens kon verwoes.

Helgaard ·

Nee kyk lyk my nettie weet als sy is een van daai wat n antwoord vir alles het. Maak nie saak wat sy van britte dink nie almal het geweet wat hul in RSA aanvang ons storie was vertel gewees deer florence nightingale en nog steeds het geen brit ge rep of roer oor wat hier aangegaan het nie. Vrouens was verkrag gewees en wat maak engelse konsentrasie kampe anders as hitler sin. Dalk moet nettie bietjie meer boeke lees en nie net die liberales se boeke nie of dalk moet sy minder beterwetend wees. Maar goed ons is nie in n debat nie want sy sal haar alie mooi sien in die taal soos genoem deer die republiekke

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.