Gerugte oor ernstige siekte het die rondte begin doen na Kim “verdwyn” het. Sy afwesigheid is veral opgemerk toe hy onlangs nie ’n parlementsitting bygewoon het soos verwag is nie.
In Noord-Korea beteken ’n onaangekondigde verdwyning gewoonlik dat die persoon in politieke onguns verval het, en stil-stil tereggestel is of toegesluit is.
Omdat dit onwaarskynlik is dat so ’n lot Kim te beurt sou val, het gerugte die rondte gedoen dat hy baie ernstig siek is.
Dit blyk nou, aldus die jongste nuus, dat sy voorliefde vir onder meer Switserse kaas daartoe gelei het dat hy ’n ware potjierol geword het vandat hy die land se leisels oorgeneem het.
Die frakture het blykbaar ontstaan toe hy ‘n vermoeiende besoek aan soldate gebring het, waartydens hy Kubaanse skoene met hoë hakke aangehad het om hom langer te laat lyk. Sy voete het aanvanklik stresfrakture opgedoen, maar toe hy deurdruk, het hy albei enkels gebreek. Sy enkels is geopereer en hy word tans onder streng polisiebewaking in n hospitaal versorg.
Bronne: Telegraph, New York Daily News
Dik-tator…bwahahahaha!!!
@Meneer – SKERP : )
goeie een Meneer! Dik – Ta voorwaar!