Vet Kim Jong-un breek glo beide enkels

Kim Jong-un, leier van Noord-Korea.

Kim Jong-un, leier van Noord-Korea.

Die Noord-Koreaanse diktator, Kim Jong-un, ongeveer 31, is so vet dat hy beide enkels gebreek het. Só berig ’n Suid-Koreaanse koerant deur inligting wat van ’n bron ontvang is.

Gerugte oor ernstige siekte het die rondte begin doen na Kim “verdwyn” het. Sy afwesigheid is veral opgemerk toe hy onlangs nie ’n parlementsitting bygewoon het soos verwag is nie.

In Noord-Korea beteken ’n onaangekondigde verdwyning gewoonlik dat die persoon in politieke onguns verval het, en stil-stil tereggestel is of toegesluit is.

Omdat dit onwaarskynlik is dat so ’n lot Kim te beurt sou val, het gerugte die rondte gedoen dat hy baie ernstig siek is.

Dit blyk nou, aldus die jongste nuus, dat sy voorliefde vir onder meer Switserse kaas daartoe gelei het dat hy ’n ware potjierol geword het vandat hy die land se leisels oorgeneem het.

Die frakture het blykbaar ontstaan toe hy ‘n vermoeiende besoek aan soldate gebring het, waartydens hy Kubaanse skoene met hoë hakke aangehad het om hom langer te laat lyk. Sy voete het aanvanklik stresfrakture opgedoen, maar toe hy deurdruk, het hy albei enkels gebreek. Sy enkels is geopereer en hy word tans onder streng polisiebewaking in n hospitaal versorg.

Bronne: Telegraph, New York Daily News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.