[Video] 1 000 musikante speel tesame

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Altesaam 1 000 aanhangers van Foo Fighters het in Italië saamgekom om dié musiekgroep se treffer, Learn to Fly, te sing in ʼn unieke poging om die Amerikaanse rockgroep oor te haal om in hul dorp op te tree.

Fabio Zaffagnini het die Rockin’1000-projek op die been gebring en 1 000 sangers, kitaarspelers, baskitaarspelers en dromspelers het in Cesena die 1999-treffer opgevoer.

Cesena het minder as 100 000 inwoners.

Zaffagnini maak ʼn pleidooi in die video: “Italië is ʼn land waar drome nie maklik bewaarheid word nie, maar dit is ʼn land met passie en kreatiwiteit. Wat ons hier gedoen het, is een groot wonderwerk.”

Die video is binne 24 uur reeds meer as 4 miljoen keer op YouTube gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.