[Video] 107 sterf in hyskraan-ongeluk in Mekka

Die hyskraan het op 11 September 2015 op die Grand Mosque in Mekka, Saoedi-Arabië ineengestort Foto: CNN

Die hyskraan het op 11 September 2015 op die Grand Mosque in Mekka, Saoedi-Arabië ineengestort Foto: CNN

Minstens 107 mense is dood en 238 beseer toe ʼn hyskraan Vrydag op die Grand Mosque in Mekka, Saoedi-Arabië, ineengestort het.

Hasan Patel, verslaggewer van Al Jazeera, het gesê die hyskraan het die middag omstreeks 17:30 op die derde verdieping van die Grand Mosque ineengestort. Die moskee was volgepak, alhoewel die voorval voor die biddiens om 18:30 plaasgevind het.

Die departement van verdediging in Saoedi-Arabië het bevestig die hyskraan het ineengestort tydens sterk winde wat deur ʼn storm veroorsaak is. Die oorsaak van die ineenstorting is egter nog nie bevestig nie. Talle pelgrims is onder die puin vasgekeer.

Die hyskraan is in Duitsland vervaardig en word bedryf deur die Saudi Binladen Group, wat die uitbreiding van die Grand Mosque bestuur en verantwoordelik is vir ʼn groot aantal boukontrakte in Saoedi-Arabië. Saudi Binladen Group is die tweede grootste konstruksiemaatskappy in die wêreld wat deur die miljardêr Mohammed Bin Laden (pa van Osama Bin Laden) opgerig is.

Klik hier om nog foto’s te sien.

Die gebruiker Daily News beweer die volgende video is die oomblik wat die hyskraan op die Grand Mosque ineenstort. Die video kan sensitiewe kykers ontstel.

https://youtu.be/eCEVq-tUvCc

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dave ·

Webredakteur, ek sou voorstel dat die woord ‘opgerig’ vervang word met ‘gestig’ in die voorlaaste paragraaf.

Dave ·

I hele dag later – want webred, ‘n konstruksie kan wel opgerig word maar beslis nie ‘n konstruksiemaatskappy nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.