Die voorval het by die gesin se huis in Orem, in die Amerikaanse deelstaat Utah, plaasgevind. Ricky Shoff, die tweeling se pa, het aan KCPQ gesê hy en sy vrou het nie die laaikas hoor val nie. “Die seuns was oukei en ons het nie geweet iets het gebeur nie. Ons het eers later op beeldmateriaal van die kamera in hul kamers gesien wat gebeur het.”
Die video wys hoe die laaikas bo op klein Brock lê en sy broer, Bowdy, probeer plan maak om dit van hom af te kry. Bowdy kon uiteindelik daarin slaag om die laaikas van sy broer af te stoot.
Shoff het op Facebook gesê hy was aanvanklik huiwerig om die video te deel, maar het toe besluit om dit te doen om ander ouers te waarsku. “Dit is ook ongelooflik. Ons is so dankbaar vir die band wat die tweelingbroers deel. Ons weet Bowdy was nie alleen toe hy die laaikas van Brock af geskuif het nie. Ons voel so geseënd dat hy oukei is. Maak asseblief seker dat alle laaikasse teen die muur vasgesit word.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
15 Kommentare
Mens moet nooit huiwerig wees om sulke videos te deel nie. Alhoewel mens kritiek sal kry help dit ook mense om hulle huise te beveilig. Dankie dat jy dit gedeel het
Sjoe, my hart het seker 10 keer omgedraai. Die Here se hand was definitief daar. Dit kon so anders uitdraai.
Wow ek kan nie glo dat die seuntjie nie baie seer gekry het nie. En sjoe die boetie is oulik om hom uit te help ewe koel en kalm
Liewe genade! Dank die Here die kinders is ok!
Is ek die enigste person wat verbaas is dat klein Brock nie sy longe uitgeskree het nie? Kan nie glo dat ‘n kind van daardie ouderdom so ‘n groot skrik kry en nie onbedaarlik aan die huil gaan nie. Ek weet ongelukke gebeur vinnig, maar sekerlik moet ‘n twee jarige blou moord skree wanneer hy seer kry.