[Video] 2-jarige red tweelingbroer onder laaikas

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Tweejarige seuntjie kon daarin slaag om sy tweelingboetie te help nadat ʼn groot laaikas op hom geval het.

Die voorval het by die gesin se huis in Orem, in die Amerikaanse deelstaat Utah, plaasgevind. Ricky Shoff, die tweeling se pa, het aan KCPQ gesê hy en sy vrou het nie die laaikas hoor val nie. “Die seuns was oukei en ons het nie geweet iets het gebeur nie. Ons het eers later op beeldmateriaal van die kamera in hul kamers gesien wat gebeur het.”

Die video wys hoe die laaikas bo op klein Brock lê en sy broer, Bowdy, probeer plan maak om dit van hom af te kry. Bowdy kon uiteindelik daarin slaag om die laaikas van sy broer af te stoot.

Shoff het op Facebook gesê hy was aanvanklik huiwerig om die video te deel, maar het toe besluit om dit te doen om ander ouers te waarsku. “Dit is ook ongelooflik. Ons is so dankbaar vir die band wat die tweelingbroers deel. Ons weet Bowdy was nie alleen toe hy die laaikas van Brock af geskuif het nie. Ons voel so geseënd dat hy oukei is. Maak asseblief seker dat alle laaikasse teen die muur vasgesit word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Celeste ·

Mens moet nooit huiwerig wees om sulke videos te deel nie. Alhoewel mens kritiek sal kry help dit ook mense om hulle huise te beveilig. Dankie dat jy dit gedeel het

Namibië ·

Sjoe, my hart het seker 10 keer omgedraai. Die Here se hand was definitief daar. Dit kon so anders uitdraai.

Verstom ·

Wow ek kan nie glo dat die seuntjie nie baie seer gekry het nie. En sjoe die boetie is oulik om hom uit te help ewe koel en kalm

Annatjie Kruger ·

Is ek die enigste person wat verbaas is dat klein Brock nie sy longe uitgeskree het nie? Kan nie glo dat ‘n kind van daardie ouderdom so ‘n groot skrik kry en nie onbedaarlik aan die huil gaan nie. Ek weet ongelukke gebeur vinnig, maar sekerlik moet ‘n twee jarige blou moord skree wanneer hy seer kry.

Liefie ·

Asb verduidelik vir my. Hoe los die ouers twee jariges alleen? En waar is die baba monitor?. Ek is wel baie bly die outjies is piek fyn maar genade ek sien daagliks hoe onverantwoordelik ouers is.

Paul ·

So volgens jou moet ek, en seker 99% van my generasie, nie lewend wees nie, want ons ouers het ons nie elke sekonde van die dag dopgehou nie, wat nog te sê van ‘n “baby monitor” – ‘n TV was al klaar ‘n luukse!

maraai ·

Nie alle kinders skree as hul seer kry nie. My dogtertjie het al geval en ek meen baie hard geval en sy het opgestaan en waslap gaan haal en op bank gaan sit met die waslap teen haar eina. Toe ek vra en nou het sy my kalm gese sy het eina en dit bloei. Sy nou 2 jaar.. Dit hang af hoe jy jou kind groot maak. As jy hom/ haar op piep sal hul huil. Maar as sy geval het, het ek gewoonlik die vloer of wat ookal “raas gegee” en gese die mag haar nie seer maak nie. En dan het sy op gehou huil en ek koue lappie op gesit vir die eina… en nou nog raas sy sommer self met wat ookal haar eina maak…

Paul ·

Daai is ‘n Ikea laaikas. Ikea se instruksies vir hoe om die meubels aanmekaar te sit, sluit letterlik verskeie kere in groot letters in dat jy dit moet vasmaak aan die muur met geskikte skroewe (wat hulle gratis aan jou stuur) om te keer dat die meubels omval, asook dat jy nooit moet toelaat dat kinders op die meubels moet klim nie, en dat jy swaar goed onder in die laaie moet pak om die gevaar verder te verminder.

Marinda ·

Om 2 woelige kleuters dop te hou, benodig jy oe agter jou kop ook. My kinders het n dubbelswaai gehad van staal gemaak. Ek het hulle die dood voor oe gesweer nadat ek hul bo op die raamwerk gevang het. ‘n Paar dae later was ek my dogter se hare, en voel rowe op haar kop, Tjoepstil gebly toe sy van die swaai se raamwerk afgeval en teen die stoeltjie met haar kop geval het. Vandag sit sy met ‘n duikie in haar kop en hare wat nooit weer daar gegroei het nie. Ek is eintlik dankbaar ek het dit eers later uitgevind, anders sou ek haar Dokter toe gevat het, en ‘n operasie sou dalk volg. Sy is darem baie slim en geleerd vandag. Daar is voorwaar engele wat hulle oppas!

Laurika ·

Hy red sy boetie ja, na hy eers met al sy gewig oor die laai kas klim. Hy moet geleer word om DADELIK mamma of pappa te roep as iets soos dit gebeur.

Stef ·

Stem 100% saam jou . Dit kon soveel erger gewees het . Mens hou maar kinders kort kort dop ook .

Tannie ·

Dis wonderlik en uitsonderlik om die band tussen ‘n tweeling te aanskou. Ons tweeling het kleintyd mekaar gehelp om die koekies by te kom wat ek hoog in die koskas gebêre het (die een sou handeviervoet staan, terwyl die ander een op sy rug klim.) Ek het maar gedink dis my man wat so wei onder die koekies! Hulle het my jare later eers daarvan vertel.

Tannie ·

Dis wonderlik en uitsonderlik om die band tussen ‘n tweeling te aanskou. Ons tweeling het kleintyd mekaar gehelp om die koekies by te kom wat ek hoog in die koskas gebêre het (die een sou handeviervoet staan, terwyl die ander een op sy rug klim.) Ek het maar gedink dis my man wat so wei onder die koekies! Hulle het my jare later eers daarvan vertel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.