Video: 20 000 huise ontruim in Kalifornië oor bosbrand

Foto: @RT_America/Twitter

Foto: @RT_America/Twitter

Sowat 20 000 huise en drie skole in San Diego in Amerika is ontruim nadat ‘n groot bosbrand die gebied bedreig het.

Een huis het afgebrand. Teen Dinsdagaand, toe nog net opdrag gegee is dat 5 000 huise ontruim moes word, was nog net vyf persent van die brand onder beheer. Honderde hektaar was reeds verwoes.

Die brandweer op die grond is deur vliegtuie bygestaan wat groot hoeveelhede water op die brande uitgestort het.

Kalifornië gaan onder ‘n uitmergelende droogte en hoë temperature van sowat 35 grade gebuk, en Dinsdag was die humiditeit slegs sewe persent. Nog hoër temperature word vandag verwag. Die brand is deur ‘n warm, droë wind aangeblaas.

Die brandweer in die suide van Kalifornië moes vanjaar reeds twee keer so dikwels bosbrande help blus as verlede jaar. In Los Angeles word straatparkering in sekere buitewyke verbied sodat die brandweer ongehinderd na bosbrande kan jaag.

Bronne: Trouw, weather.com, Los Angeles Times.

Die video is op Facebook gelaai:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.