Video: 25 000 voet sonder ʼn valskerm

Luke Aikins en sy spanmaats spring op 25 000 voet uit die vliegtuig (Skermskoot uit die video)

Luke Aikins en sy spanmaats spring op 25 000 voet uit die vliegtuig (Skermskoot uit die video)

Die valskermspringer, Luke Aikins, het Saterdag veilig in ʼn net in Simi Valley, Kalifornië geland nadat hy op ʼn hoogte van 25 000 voet uit ʼn vliegtuig gespring het sonder ʼn valskerm.

Aikins (42) is die eerste persoon in die geskiedenis van die mensdom wat dit kon regkry.

Die poging is Saterdagaand regstreeks op televisie uitgesaai.

Hy het die 30 m x 30 m-net perfek getref, vinnig uitgeklim en sy vrou Monica en vierjarige seuntjie Logan omhels.

“Dit is ongelooflik,” het hy vol vreugde gesê en sy arms in die lug gehou. “Dit het gebeur! Ek kan nie eers woorde uit my mond kry nie,” het hy gesê terwyl hy die talle spanlede bedank het wat twee jaar lank geneem het om hom te help om voor te berei vir die sprong – insluitend diegene wat die visvang-agtige net vervaardig het en seker te maak dat dit regtig sal werk.

Vir die eerste 10 000 voet het Aikins ʼn suurstoftenk gebruik – een van die drie ander valskermspringers saam met hom was verantwoordelik om die tenk op ʼn sekere punt by hom oor te neem.

ʼn Tweede valskermspringer saam met hom het ʼn kamera by hom gehad en ʼn derde valskermspringer het ʼn rooksein gehad sodat mense op die grond die vier se val kon volg.

Die drie valskermspringers saam met Aikins het uiteindelik hul valskerms oopgemaak, en Aikins het alleen verder geval totdat hy in die net geval het.

Die sprong het ongeveer twee minute lank geduur.

Hy het die net teen ongeveer 193 km/h getref.

Die sprong is regstreeks op die Fox Network uitgesaai as deel van ʼn spesiale uurlange program, en die kykers is gewaarsku om dit nie self te probeer nie.

Aikins het ook sy aanhangers bedank vir hul ondersteuning. “As jy reg oefen, kan jy enigiets laat gebeur,” het hy gesê.

Klik hier om nog foto’s te sien

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

johann cb ·

Sjoe, die man is omtrent waaghalsig! Hy het vinniger geval as wat die meeste motors kan ry! Baie geluk!

Wat-ek-lees ·

25000 vt = 7620 m = 7,62 km = 2540 verdiepings = 86 % van die hoogte van Everest (bo seevlak).

Jan maak n plan ·

Die ou is wragtig mal. Hy moet gaan vir erenstige sielkundige hulp. G’n normale.mens spring sonder n valskerm uit n vliegtuig uit nie.

VvV ·

Jy is egter verkeerd, dit is juis die abnormales wat dit nie kan doen nie, dit is die normales wat dit egter wel kan doen om dit waag om te beplan en oefen om dit te vermag!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.