[Video] 31ste kolhou vir legende Gary Player

Gary Player (Foto: @garyplayer, Twitter)

Gary Player (Foto: @garyplayer, Twitter)

Gary Player (80) het vandeesweek bewys waarom hy as ʼn golflegende beskou word toe hy Woensdag sy 31ste kolhou in sy loopbaan aangeteken het.

Player het tydens die Syfer-drie-kompetisie op die vooraand van die 2016 Meesters met die kolhou geslaag. Hy het saam met Jack Nicklaus en Tom Watson gespeel.

Player het sy regterbeen sommer hoog in die lug opgeskop van vreugde.

Hy is die oudste speler wat ʼn kolhou aanteken by die Syfer-drie-kompetisie.

Die gebruiker Golfites.ie het die video op YouTube gedeel:
https://youtu.be/lxp5vD5Ac-I

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Dirk Bosman ·

Kolskoot vir n legende.Watter tagtigjarige kan hom syuitbundige dansie naadoen?

Pieter ·

Om jou te antwoord Dirk; my Buurvrou, sy is 83 en werk nog steeds in haar tuin, sny die gras, sny die randjies met n tuinskêr op haar hurke, sy keer selfs my tuin op sy kop as ek nie by die huis is nie (as ek net gesê het hou n oog op die plek). Sy is n regte “busy body”, en behalwe vir die tuin; werk sy nog self in haar huis ook. Sy sal n tiener stof in die oë loop en ek het haar al daai maer bene van haar sien hoog optel om oor n heining te klim. Daar is nog sulke geseëndes met goeie gesondheid soos Oom Gary Player, maar alle eer aan die Heer as mens op daardie hoë ouderdom nog so gesond is om so maklik te kan beweeg en om nog sulke kolhoue aan te kan teken. As n mens so mooi oud word en nog so lekker kan beweeg dink ek is oud word n fees.

Riaan ·

80 jaar oud en hy kan nog rond spring op golf baan.Dit wil gedoen wees

piti ·

En as ek reg onthou was mnr. Player die een om te sê “the more you play, the luckier you get”. Net jammer ek het of maak nie die geleentheid om so baie te speel nie….

Wat-ek-lees ·

Vir my lyk dit asof dit sy linkerbeen is wat hy so hoog opskop.

humor ·

In der waarhied n ambasadeer vir SA. maar ek moet erken ek het nog nooit veel van die man gehou nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.