‘n Video met meer besonderhede en ‘n stukkie van Alyssa se onderhoud volg onderaan die berig. Alyssa Funke, ʼn 19-jarige student van Minnesota in Amerika het selfmoord gepleeg nadat sy oor ʼn amateur pornografie-video op sosiale media geboelie is.
Funke se video is in Maart vanjaar op Casting Couch gepubliseer en ʼn paar dae later is sy op sosiale media begin boelie, veral deur skoolmaats waar sy die vorige jaar gematrikuleer het. Sy het op 16 April haarself doodgeskiet.
Van die boodskappe op sosiale media het haar as ʼn “sloerie” beskryf. ʼn Ander persoon het gevra, “Weet haar pa?”
Funke laat haar ouers en nege broers en susters agter.
Haar gesin hou vol dit is weens die teistering op sosiale media dat Funke uiteindelik haar eie lewe geneem het.
Bron: myfox9.com
KMSP-TV