Video: Amerikaanse seesoldaat fnuik rower se planne

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn 19-jarige rower se beplande rooftog het vinnig skeefgeloop toe hy ʼn winkel in Mansfield, Texas, probeer beroof het, salig onbewus daarvan dat ʼn voormalige Amerikaanse marinier reg agter hom staan.

CNN berig beeldmateriaal van die rooftog wat in die week vrygestel is, toon hoe die rower die winkel binnekom en die voormalige marinier Daniel Gaskey, uit die pad stamp. Gewapen met ’n mes probeer die rower om die kassiere (’n vrou) te beroof.

Gaskey staan ʼn ent weg en neem die situasie vinnig in oënskou voordat hy die rower van agter af takel en hom op die grond neerpen. Die roofdrama is binne twee minute verby en die rower word koponderstebo deur polisiebeamptes weggeneem.

Kyk die video van Gaskey se dapper optrede hier:

https://youtu.be/irNlyAGJh3Q

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

pieta ·

SA het ook sulke boertjies hier rond, maar ons het nie die polieste wat so vinnig kan optree nie. Ook, die SA polieste sal eerder die boertjie aankla van aanranding!

Christie Joubert ·

In plaas van die klein swernoot tussen die blaaie “pat” toe hy op die grond lê, moes hulle van die geleentheid gebruik gemaak het en hom n ordentlike loesing gegee het op daai twee boude wat so in die lug lê.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.