Video: Anonieme skenker gee geld weg

Die Twitter-gebruiker, @helloshinyworld, is een van @HiddenCash se wenners

Die Twitter-gebruiker, @helloshinyworld, is een van @HiddenCash se wenners

Iemand wat koeverte vol kontant in San Francisco in Amerika wegsteek, veroorsaak tans ʼn oproer op sosiale media.

ʼn Anonieme persoon met die Twitter-profiel @HiddenCash gee sedert verlede Vrydag geld weg en talle persone neem aan dié “skattejag” deel. Hy het reeds meer as 340 000 volgelinge op Twitter.

Die skepper van die rekening het gesê dit is ʼn “maatskaplike eksperiment”.

Die “gelukkige wenners” gebruik glo boonop die geld om goed te doen vir ander. Een van die wenners, Sergio Loza (28), ʼn veiligheidswag van San Francisco, het gesê hy het die $50 (ongeveer R530) gebruik om klere vir sy tweejarige susterskind te koop en hy het die res van die geld vir haar as verjaardaggeskenk gegee. “Ek het dit nie op myself spandeer nie,” het Loza gesê. “Dit voel goed om te gee, veral in hierdie tye.”

Adam Wenger (27) het gesê hy het $200 (ongeveer R2 100) in twee koeverte opgespoor. In een van die koeverte was daar geskryf: “Met liefde, van @HiddenCash. Los nou $20 iewers vir iemand anders.”

Nóg ʼn wenner het Dinsdag pizza vir al sy kollegas gekoop.

Klik hier om nog foto’s van wenners en voorbeelde van die leidrade te sien.

Jenn Wong het ‘n video van ‘n skare mense, op soek na die geld, op Facebook gelaai:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Petrie ·

Anders as die daaglikse moord, roof, verkag en bedrog-berigte, is hierdie is sommer ‘n lekker goedvoel storie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.