Video: Baba amper jagluiperdkos

Die baba en jagluiperd het vir mekaar gestaar (Foto: Skermskoot)

ʼn Video wat wys hoe ʼn baba amper deur ʼn jagluiperd gegryp word, word wyd op sosiale media versprei en waarsku mense om altyd hul deure en vensters toe te hou wanneer hulle tussen wilde diere is.

In die video is dit duidelik hoe die baba naby ʼn venster op sy maag lê en buitekant toe kyk. Die volgende oomblik hardloop ʼn jagluiperd teen die venster vas. Dit is duidelik dat die jagluiperd met mening by die baba wou uitkom, maar deur die venster se glas gekeer is.

Nadat die jagluiperd teen die venster vasgehardloop het, het dit ʼn rukkie by die venster vertoef en na die baba gestaar. Die baba het teruggestaar en begin huil.

Daily Mail berig die sewe maande oue baba in die video se naam is Otto. Die video is op 29 Januarie by die Cheetah Safari Lodge in die West Midlands Safari Park in Bewdley, Worcestershire, Engeland, geneem.

Otto se pa, Ben Millner, het die ontmoeting tussen sy seun en die groot kat op sy foon verfilm.

“My seun het tot by die venster gekruip en die donkerte in gestaar. Só asof hy geweet het daar is iets. Sekondes het verbygegaan, voordat ʼn jagluiperd uit die donkerte teen die venster vasgehardloop het. Gelukkig het die versterkte glas die jagluiperd gekeer,” het Miller aan Daily Mail gesê.

Asrael en Bappe is die twee inwonende jagluiperds by West Midlands Safari Park. Hulle het in 2020 vanaf die Montpellier-dieretuin in die suide van Frankryk by die park aangekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Marius ·

As jy enige plek betree waar daar wilde diere is, is jy in hulle gebied en moet jy versigtig wees. As dit jou nie pas nie. Bly dan weg.

Dries ·

Nog nooit het n Cheetah n mens doodgemaak nie. Hierdie is baie snaakse gedrag

Robert ·

Beslis jagluiperd, kyk weer mooi na die gesig van die kat, luiperd het nie sulke strepe nie.

Patch ·

Hierdie is ‘n jagluiperd. Eerstens het sy stert die duidelike strepe op die punt wat luiperds nie het nie en as jy na die gesig kyk kan jy ook die duidelike streep vanaf die oog om die neus/bek area sien.

FM ·

Dries ek het ‘n outobiografie van ‘n Wildbewaarder van KNP gelees.
‘n Vrou is binne ‘n kampterrein deur ‘n luiperd vanuit ‘n boom aan haar keel gegryp en dood.
Dis baie tragies maar diere is diere. Mak of wild.

Misky ·

Sjoe, dankbaar daai glasdeur was toe gewees en dit kon so maklik tragies geëindig het.

En die pa sit stil en neem steeds af. Ek sou lankal foon laat val en by my kind gewees het. Daai luiperd is groot en kon nog deur uitstamp of gehardloop het. Veral aan die einde en hy kyk steeds en asof hy weer wil gaan vir die baba.

madels ·

As jy mooi kyk sal jy sien op einde van video het die pa seker n sekonde later vinnig na die baba beweeg

TRP ·

Maar nou was dit nie jy nie en die vensters is van so ‘n aard dat die wilde diere nie in kan kom. Watse verskil sou spoedige optrede in die geval gemaak het?

Pierre ·

Daai lyk meer na gewone luiperd vir my as ‘n jagluiperd.

Robert ·

Beslis jagluiperd, kyk weer mooi na die gesig van die kat, luiperd het nie sulke strepe nie.

Sandra ·

Ek het dit gesien. Ek dink nie hy wou die glas breek nie, hulle kan heel moontlik nie die verskil tussen glas en niks uitmaak nie. Of so dink ek.

Fritz ·

Nee wat, dit is opgesit. Jagluiperde jag nie in die nag nie!

Anoniem ·

Dit was ‘n luiperd Fritz, nie ‘n jagluiperd nie. Die Souties ken nie die verskil nie. Luiperds jag wel snags.

Patch ·

Hierdie is ‘n jagluiperd. Sy stert die duidelike strepe op die punt wat luiperds nie het nie en as jy na die gesig kyk kan jy ook die duidelike streep vanaf die oog om die neus/bek area sien. Ek neem aan jy is ‘n Suid-Afrikaner dan behoort jy die verskil te ken.

mymasekind ·

Nee Manie.. jagluiperd. Kyk mooi jy sal die gesig sien. strepe af teen neus

Josua ·

Dit is beslis n jagluiperd kan duidelik aan die stert gesien word, dit moes op n jagplaas gebeur het met n mak jagluiperd wat op die stoep gelê het en reageer het op die baba se beweging binne die vertrek, dit was glad nie n agresiewe aanval nie want as dit was sou die jagluiperd meer agresief teen die vesnster rond beweeg het en dit is ook waarom die kamera man nie reageer het soos mense wou gehad hy of sy moes reageer nie.

madels ·

Jag luiperd of luiperd of wat ookal, so klein baba is KOS, hulle sal gaan vir die baba

Cherokee ·

Ag tog, enigeen wat diere nie ken nie, kan duidelik sien dit is bloot moederinstink wat die jagluiperd-wyfie na die baba lok.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.