Video: Baba gered ná sy wegdryf in see

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Tien maande oue babadogtertjie is gered nadat sy op ’n opblaasmatrassie sowat ʼn kilometer ver van die strand af die see in gedryf het.

BGN News berig die Ilgin-gesin van Turkye het Vrydagmiddag op ʼn strand in Çanakkale gaan uitspan. Die tien maande oue Melda is in ʼn dryfapparaat in die vlak water gesit. ’n Sterk wind het veroorsaak dat sy verder begin wegdryf het.

Strandgangers het haar probeer red, maar sy was reeds te ver die see in en die Turkse-kuswag is ontbied. Sy is sowat 1 km van die kus af gevind en kuswagpersoneel het in die water gespring om haar te red.

Melda is terug strand toe geneem waar sy met haar histeriese ouers herenig is.

https://youtu.be/ad2Hmf1-Dek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Joan Muller ·

Die ouers moet gearresteer word vir nalatigheid. Wie los ‘n baba op ‘n opblaas matrassie in die water? Eks bly die baba is veilig.

ekke ·

Sy kon af geval en verdrink het, help nie jy is histeries as jy nie in die eerste plek na jou baba gekyk het nie. Nalatigheid in hoofletters.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.