BGN News berig die Ilgin-gesin van Turkye het Vrydagmiddag op ʼn strand in Çanakkale gaan uitspan. Die tien maande oue Melda is in ʼn dryfapparaat in die vlak water gesit. ’n Sterk wind het veroorsaak dat sy verder begin wegdryf het.
Strandgangers het haar probeer red, maar sy was reeds te ver die see in en die Turkse-kuswag is ontbied. Sy is sowat 1 km van die kus af gevind en kuswagpersoneel het in die water gespring om haar te red.
Melda is terug strand toe geneem waar sy met haar histeriese ouers herenig is.
https://youtu.be/ad2Hmf1-Dek
Die ouers kort n paar hewige klappe
Daai kind is definitief nie 10 maande oud nie.
Die ouers moet gearresteer word vir nalatigheid. Wie los ‘n baba op ‘n opblaas matrassie in die water? Eks bly die baba is veilig.
Sy kon af geval en verdrink het, help nie jy is histeries as jy nie in die eerste plek na jou baba gekyk het nie. Nalatigheid in hoofletters.