Video: Baba ná modderstorting gered

Een van die omstanders se foto's

Een van die omstanders se foto’s

Die video volg onderaan die berig. ʼn Ses maande oue baba is uit die puin gered ná ʼn modderstorting Oso, Seattle in Amerika getref het. Minstens 21 mense het in die modderstorting omgekom.

Omstanders wat op pad was na Darrington, Washington, het op die hoofweg afgetrek om na die skade te kyk. Hulle het glo ʼn baba tussen die puin hoor huil, berig Q13 Fox News. Een vrou het aan die uitsaaier gesê talle mans het die puin deursoek om die baba op te spoor, ondanks waarskuwings van beamptes.

Kody Wesson en ander wat oomblikke vroeër die modderstorting sien gebeur het, het deur die puin gesoek en die baba, Duke Suddarth, opgespoor, het KIRO TV berig. Duke is in ʼn ernstige toestand in die intensiewesorgeenheid van ʼn hospitaal in Seattle opgeneem. Hy toon glo tekens van verbetering. Sy ma, Amanda, is ook uit die puin gered en sterk ook in die hospitaal aan.

Die familie het almal bedank wat Amanda en Duke gered het.

Lees ook:
Video: Gesin se hond oorleef modderstorting
Modderstorting: Dodetal kan skerp styg
Modderstorting eis minstens 16

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ria Maritz ·

Ek kan my net die vreugde, blydskap en verligting in dink van die ouers – by die ongeluk, is dit goeie nuus om te lees dat daar tog mense was, wat werklik omgegee het om die babatjie te soek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.