Video: Beendere van grootste dinosourus ooit gevind

Die femur van die titanosaurus in vergelyking met ‘n mens-hoogte.

Die femur van die titanosaurus in vergelyking met ‘n mens-hoogte Grafika: teratophoneus.deviantart.com

Die versteende beendere van die grootste dinosourus wat tot dusver gevind is, is in Argentinië deur paleontoloë bekend gestel.

Die 150 versteende beendere wat gevind is, het vermoedelik aan ‘n titanosaurus behoort, wat tot die laaste groep dinosourusse behoort wat so 95 miljoen jaar gelede geleef het. Dit was plantvretend. Die eerste titanosaursus is eers in 2010 ontdek, maar was nie so groot soos die jongste vonds nie. Die beendere het aan ‘n dier behoort wat van die punt van sy neus tot die punt van sy stert 40 meter lank, en 20 meter hoog was.

Die dier het sowat 77 ton, of te wel soveel soos 14 Afrika-olifante geweeg. Dit is sewe ton swaarder as die vorige rekord, ‘n argentinosaurus, wat in dieselfde gebied voorgekom het.

Bronne: Trouw, CBC News, Daily Mail

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.