Die omstrede rocker Marilyn Manson is na bewering in ʼn hospitaal opgeneem nadat een van die groot verhoogrekwisiete wat tydens ʼn konsert in New York in die VSA gebruik is Saterdagaand op hom geval het.
Verskeie konsertgangers het die voorval met hul selfone afgeneem en dit word sedertdien wyd op sosiale media versprei.
Dit wys hoe ʼn groot stellasie met twee reuse-pistole op hom val. Kort daarna snel mense hom te hulp.
ʼn Ooggetuie het aan BBC gesê Manson het nagenoeg 15 minute lank onder linne gelê voordat hy weggedra is.
ʼn Verteenwoordiger van die kunstenaar het bevestig Manson is na ʼn hospitaal gehaas, maar het nie verdere inligting oor sy toestand bekend gemaak nie.
Die 48-jarige sanger, wie se regte naam Brian Hugh Warner is, is bekend vir sy uitspattige verhoogvertonings en uitbeeldings van die okkulte.
Die voorval kom ʼn paar dae voordat sy tiende album, Heaven Upside Down, uitgereik word.
https://www.youtube.com/watch?time_continue=125&v=UXZrGIYQiiI
https://www.youtube.com/watch?v=OD7XsdB7V-s
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
56 Kommentare
God laat Hom nie bespot nie.
Aaklige grimering wat Marilyn dra. Of is is dit is dit n foto van na die val? Is hy familie van Charles Manson?
Mag hy God se genade daar in die hospitaal ervaar en Jesus leer ken.
Sy regte naam is “Brian Hugh Warner” nie “Brain Warner” nie.
Ek oordeel nie en verlustig ny nie in sy leed nie, maar ek reken …God het gepraat, genoeg is genoeg van sy opswepery met mense in die okkulte.