[Video’s] Bekende rocker voor konsertgangers beseer

Marilyn Manson. Foto: Via Twitter

Die omstrede rocker Marilyn Manson is na bewering in ʼn hospitaal opgeneem nadat een van die groot verhoogrekwisiete wat tydens ʼn konsert in New York in die VSA gebruik is Saterdagaand op hom geval het.

Verskeie konsertgangers het die voorval met hul selfone afgeneem en dit word sedertdien wyd op sosiale media versprei.

Dit wys hoe ʼn groot stellasie met twee reuse-pistole op hom val. Kort daarna snel mense hom te hulp.

ʼn Ooggetuie het aan BBC gesê Manson het nagenoeg 15 minute lank onder linne gelê voordat hy weggedra is.

ʼn Verteenwoordiger van die kunstenaar het bevestig Manson is na ʼn hospitaal gehaas, maar het nie verdere inligting oor sy toestand bekend gemaak nie.

Die 48-jarige sanger, wie se regte naam Brian Hugh Warner is, is bekend vir sy uitspattige verhoogvertonings en uitbeeldings van die okkulte.

Die voorval kom ʼn paar dae voordat sy tiende album, Heaven Upside Down, uitgereik word.

https://www.youtube.com/watch?time_continue=125&v=UXZrGIYQiiI

https://www.youtube.com/watch?v=OD7XsdB7V-s

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Eish ·

Aaklige grimering wat Marilyn dra. Of is is dit is dit n foto van na die val? Is hy familie van Charles Manson?

Marius ·

Mag hy God se genade daar in die hospitaal ervaar en Jesus leer ken.

Michele ·

Sy regte naam is “Brian Hugh Warner” nie “Brain Warner” nie.

Phillip ·

Dankie vir jou valkoog Michelle. Die berig is gewysig.

Groete

Phillip Bruwer, nms Maroela Media

Anni ·

Ek oordeel nie en verlustig ny nie in sy leed nie, maar ek reken …God het gepraat, genoeg is genoeg van sy opswepery met mense in die okkulte.

Daan Erasmus ·

Dit is die ou wat bladsye uit die Bybel skeur tydens hulle vertoning. En wou nou iets sê van Karma is a b. Wys jou net.

Kobus Smit ·

Lyk my dit het op sy gesig geval. Wonder of die letsels sal wegraak

Live by the sword ·

Hy grimeer homself dan altyd asof hy so beseer is. Nou kan hy voel hoe dit regtig voel.

Charlene ·

Stem saam met Oumie. God laat nie met Hom spot nie. Dit is ook nie vir ons om die persoon te oordeel nie. Ons kan net vir hom bid

Fritz ·

Hoop hy herstel vinnig. Gaan mal oor sy musiek en het omtrent al sy albums. Wys jou net weer die meeste christene is twee gesig om so oor hul mede mense te praat.

Dina ·

Dink ‘n bietjie na oor wie jy eintlik volg as jy hierdie persoon aanhang.

Zelda ·

Ek stem saam hou Fritz.
En mens hoef nie sy “believes” te he as jy van sy musiek hou nie.

Asb moet ook nie sê as mens van sy musiek hou mens is satanisties nie., dit gaan net duidelik wys jy weet absoluut niks van hom af nie.

Pieta ·

Daar is ‘n woord daarvoor: Skynheilig. Kan nie wag om die oordeel oor hul medemens uit te spreek nie.

Haan ·

“Hopefully, I’ll be remembered as the person who brought an end to Christianity” – Marilyn Manson

Maak met daai inligting wat jy wil

Domvraag ·

Is dit musiek?? Klink eerder vir my na n groot geraas??? Eerder klanke met iemand wat skreeu asof hy in pyn verkeer

Idris ·

Ek is mal oor rock musiek. Maar by ou Marilyn trek ek die streep. Daai mannetjie soek vir moeilikheid met sy lirieke en sy vertonings. Kry hom eintlik jammer dat hy nog nie die waarheid van God aanvaar het nie.

Gert ·

Ek verstaan nie lekker waarom Godsdiens in die gesprek in getrek word nie. N sanger het seer gekry toe iets op hom val. Wat de hel het dit met Godsdiens te doen?

Idris ·

Gaan google sy lirieke. As kind van God is dit wat hy kwytraak vir my totaal en al onaanvaarbaar. Dat iemand my Skepper en my Redder so kan beledig is nie reg nie, maak nie saak hoe goed sy musiek is nie.

Vryheid ·

Baie opbouende en voorbeeldige ou die, dink net hoe wonderlik sal dit wees as jou kinders sy voorbeeld volg.

LBS ·

Dis is merkwaardig hoe die kommentare oor Godsdiens, die Christene spesifiek, hier verskil van diè op Netwerk24. Dit is skokkend om die persentasie teen Christenskap te sien daar teenoor hier by MM. Ek sou nooit kon dink dat soveel Afrikaners Agnostiek of pleinweg net nie-Christene is nie. En ek laat my nie vertel dit het iets met intelligensie, soos hulle dit wil uitmaak, te doen het nie.

Stofskoen ·

As God dan iets met die akteur/sanger se ongeluk te doen het, hoekom het dit so lank gevat en hoekom laat hy nie ietsie op Zuma se kop val nie, die is mos nou ‘n regte euwel?

Melt Olckers ·

Stem saam. Lyk my God het dubbelstandaarde. Hy wreek hom op ‘n sanger, maar los die baie meer gevaarlike politici soos Zuma en Mugabe uit, sodat hulle in vrede kan plunder.

Marilyn Monroe ·

Ons is almal geskape na Sy beeld. Die oordeel kom niemand toe nie. Moenie klippe begin gooi nie. Iemand het seergekry, kom ons hoop dat hy vinnig herstel.

Genade ·

Wonder wat sal hy vra om in ‘n 3-slaapkamer huis te kom spook…

Adriaan ·

Ek het die volste reg om hom te oordeel. Hy is ‘n toegewyde en erkende satanis, hy doen sy bes om al sy aanhangers in die verderf te lui en is ‘n bespotter van die Here. Gaan lees meer oor hierdie satanskind voordat julle sy musiek ondersteun.
Indien iemand die Here voor my bespot gaan ek opstaan en hom dadelik oordeel, jammer maar dis my standpunt.

Melt Olckers ·

Hoop hy herstel vinnig. Sy musiek is in elk geval nie te sleg nie.

Melt Olckers ·

Snaaks hoedat mense wat hulself Christene noem hulself so verlekker aan ‘n ander persoon se lyding. Sou dit Jesus Christus se goedkeuring wegdra?

Melt Olckers ·

Stem saam. Lyk my God het dubbelstandaarde. Hy wreek hom op ‘n sanger, maar los die baie meer gevaarlike politici soos Zuma en Mugabe uit, sodat hulle in vrede kan plunder.

sue ann ·

Al daaraan gedink dalk wil God vir die mense in Suid-Afrika “iets sê/leer”?pasop wat jy sê. God laat nie met Hom spot nie

Luna ·

Ek hou self van rock musiek, en as kind was ek mal ook MM se musiek, ja dit is so, jy kan nie sê dat as iemand van sy muskiek hou dat hy ook satanisties is nie, maar as jy na die woorde luister, dit saamsing en goedkeur, dink maar nog ‘n keer ook alles. Hy is ‘n erkende satanis, wat openlik met God spot, as jy dit goedkeur, doen jy nie maar dieselfde nie? Ek oordeel glad nie, dit is nie my werk nie, ek verduidelik maar net hoe ek voel oor dit. As jy daarvan hou en jou geloof sterk genoeg is om nie vasgevang te word nie is dit wonderlik! Moet dan net nie die mense oordeel wat wel voel dat hulle God te na kom as hul saamsing en spot nie.

sue ann ·

Hierdie dat almal alryd sê Christene oordeel wys my dat almal nie Bybel kees nie. 2Tim 3:2 sê uitdruklik verkondig die woord, weerlê, bestraf. Ons oirdeel nie. Ons veroordeel.

Melt Olckers ·

Sue Ann, gaan kyk weer eers na 2 Tim 3:2. Dit is nie wat daar staan nie.
Daar staan ook geskryf in Eks 20: 16, dat jy nie valse getuienis mag lewer nie.

Veronica ·

Sue-ann & Melt Olckers
verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; STAAN IN 2 TIM 4 VERS 2 …..Sy het duidelik net n spelfout gemaak Melt so gaan lees jou bybel asb weer want dis NIE N VALSE GETUIE NIE !!!

SE MAAR NET ·

Sjoe maar hy is ‘n lelike ou. Hy hoort eerder in American Horror Storie series… HAHAHA

Robert ·

En nog steeds is daar mense hier wat dink God straf. Ai mense gaan lees julle Bybel, almal is onder die genade.

Johan ·

Kyk ek ken die sanger gladnie, geen idee wat hy eers sing nie, maar as ek daai gesig in die nag moet sien gaan ek my bene stomp hardloop !

christa ·

lelik verby. Kan nie sien wat is beserings en wat is lelikheid nie. Kan nie glo dat mense hulle so kan opmors wat God so volmaak gemaak het nie.

Santie ·

Ja wat sal ek nou sê, behalwe dat Christenskap nie is wat mense hier doen nie. Wie is jy om te oordeel? Jy met jou perfekte lewe, sjoe jong, wat maak jou beter as hierdie man, jy wat so oordeel ens. Gelukkig hang ons saligheid nie af van jou nie.

sue ann ·

Ai Santie gaan lees 2 Tim 3:2. Hoe ons ook al wil reghelp en tereg wys ons moet vrede maak daarmee dat daar mense gaan wees wat verlore wil raak. Almal is nie bestem vir dieKoninkryk van God nie.

santie ·

sue ann, ek ken my Bybel, ek het ‘n verhouding met die Here en nie net ‘n klip Christen om te vermaan en mense reg te help wanneer dit my pas nie. Hoop regtig waar jou lewe is perfek

Marius ·

Hy is ook ‘n musikale genie. ‘n Musiek joernalis in Miami wat ‘n heavy metal ster geword het. Sjoe! Gee darem die man krediet ook. Sy hele voorkoms is maar net sy deel van sy “stage act”. Sy uitlatings moet ook maar met ‘n knippie sout gevat word – dit gaan alles oor publikasie.

Tabu ·

Hyt sy alie afgeskrik glo my . . .net n duidelike bewys hoe nietig n mens is . . dalk besin hy hierna

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.