Video: Bestellings vir vlieënde motors rol in

Die Terrafugia Transition op pad na die lughawe Foto: terrafugia.com

Die Terrafugia Transition op pad na die lughawe Foto: terrafugia.com

Die maatskappy Terrafugia se vlieënde motor, die Transition, sal dalk eers oor twee jaar in produksie wees, maar daar is reeds 100 van dié voertuie bestel.

Die Transition, wat reeds toetsvlugte onderneem het (kyk video) sal teen sowat 160 km/h tot meer as 3 000 meter hoog kan vlieg. Voor die vlug, of na die landing, kan die vlerke ingetrek word en doodeenvoudig na ‘n vulstasie gery word om brandstof in te neem. En dan in ‘n gewone motorhuis gebêre word. Elke voertuig kos ongeveer $279,000 (ongeveer R3 miljoen) elk.

Terrafugia se tweede model, die TF-X, sal vertikaal kan opstyg en land, en teen sowat 320 km/h kan vlieg. Hiervoor sal voornemende kopers egter nog tussen agt en 12 jaar moet wag.

Klik hier vir meer inligting oor die voertuig.

Bron: Boston Business Journal

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Wessel ·

Nee wat, glad nie prakties nie, Te lelik vir n motorvoertuig en kan net by spesiale aanloop opstuig. Kyk net hoe lank neem dit om vlerke oop te maak. Ek kan al klaar sien hoe die taxi bestuurders in mekaar vas vlieg, lol.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.