Video: Bob Dylan ontvang Nobelprys vir Letterkunde

Bob Dylan in vroeër jare (Foto: Facebook)

Bob Dylan in vroeër jare (Foto: Facebook)

Die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskap het Donderdag die Nobelprys vir Letterkunde aan die legendariese Amerikaanse sanger Bob Dylan toegeken.

Dylan het die prys ontvang vir sy bydrae tot “nuwe poëtiese uitdrukkings binne die Amerikaanse liedjietradisie”.

Hy is die 259ste Amerikaner, uit alle kategorieë, wat dié prys ontvang, maar is die eerste Amerikaner om die Nobelprys vir Literatuur te ontvang sedert Toni Morrison dit in 1993 ontvang het.

Dylan, oftewel Robert Allen Zimmerman, is in 1941 in Minnesota in Amerika gebore en het sy sangloopbaan in 1959, op 18-jarige ouderdom, begin.

Hy het sy eerste platekontrak in 1961 geteken en het sedertdien ʼn gerekende musikant geword.

Die sanger het 37 studio-albums, 11 lewendige-opname-albums en 31 samestelling-albums vrygestel. Benewens dié albums, het 58 van sy enkelsnitte die lig gesien.

Dylan toer ook sedert 1980 wêreldwyd as deel van sy “Never-Ending tour”.

Lees alle vorige berigte oor die Nobelprys op Maroela Media.

Bron: Nobelprys

Bob Dylan soos hy vandag lyk (Foto: Facebook)

Bob Dylan soos hy vandag lyk (Foto: Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marianne ·

Dis amazing Bob kan toor met woorde. Hy het nodig en verbeelding. Daar is iets aan elke ware kunstenaars wat hulle werklik bo ander laat uitstaan.

Willie E ·

Daar is maar net EEN BOB….BOB DYLAN….ha ha ha…nou weet julle ook sommer ek is ‘n ou Hippie….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.