Video: Boko Haram wys glo ontvoerde meisies

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die video volg onderaan die berig. Boko Haram het Maandag ʼn nuwe video vrygestel waarin die vermiste skoolmeisies van Nigerië glo gewys word en aanvoer dat die tieners na Islam bekeer het en nie vrygelaat sal woord voordat alle militante gevangenes vrygelaat word nie.

Abubakar Shekau, die groep se leier, praat 17 minute lank op die video, wat AFP bekom het, voordat die meisies gewys word (onderstaande video is slegs ‘n greep uit die lang video).

Altesaam 276 meisies is op 14 April uit Chibok, Borno, ontvoer. Volgens die polisie word 223 meisies steeds vermis.

Ongeveer 130 meisies kan in die video gesien word waar hulle bid en die eerste hoofstuk van die Koran opsê. Daar is onderhoude gevoer met drie van die meisies. Twee het gesê hulle was Christene, maar het nou na Islam bekeer. Een het gesê sy is ʼn Moslem.

Een van die meisies het gesê hulle is nie beseer nie.

Boko Haram, wat vertaal kan word as “westelike opvoeding word verbied”, is sedert 2009 besig met ʼn toenemend dodelike inval in Nigerië en val skole aan wat ʼn “Westerse” kurrikulum aanbied. Kerke en regeringsgeboue word ook geteister. Meer as 1 500 persone het reeds hierdie jaar weens Boko Haram gesterf en tien duisende is dakloos nadat huise en besighede afgebrand is.

Die regering in Nigerië word veroordeel dat hy nie dadelik op die massa-ontvoering reageer het nie. President Goodluck Jonathan het intussen hulp aanvaar van Amerika, Engeland, Frankryk, China en Israel.

Nog 11 meisies is op 4 Mei uit Gwoza, Borno, ontvoer. -SAPA

Lees ook:
Ontvoerde skoolmeisies: NUM vra ondersteuning vir families
Video: Skoolmeisies ontvoer; Boko Haram aanvaar verantwoordelikheid

http://youtu.be/PBFtf_AcBFg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.