[Video] Bomontploffing dood talle in Turkye

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Vragmotor vol plofstof het Vrydagoggend naby die polisie se hoofkwartier in Cizre, Turkye, ontplof.

Minstens sewe polisiebeamptes is dood en minstens 78 mense beseer. Die aanval is glo deur Koerdiese militante uitgevoer hoewel niemand nog verantwoordelikheid aanvaar het nie. Dit is die soveelste aanvalle die afgelope ruk wat spesifiek op die polisie of weermag gemik is.

Beeldmateriaal het gewys hoe ʼn groot swart rookwolk in die lug hang terwyl die drieverdieping-polisiegebou erg beskadig is. Die stad Cizre het 130 000 inwoners en is in die provinsie Sirnak wat grens aan Sirië en Irak.

Die aanvalle kom terwyl die landsburgers steeds erg geskok is oor die gewelddadige staatsgreeppoging in Julie waartydens minstens 270 mense dood is.

Cizre'de büyük patlama oldu allah yaralılara acil şifa versin teröre lanet olsun

Posted by Abdulkerim Kutlu on Thursday, August 25, 2016

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.