Minstens sewe polisiebeamptes is dood en minstens 78 mense beseer. Die aanval is glo deur Koerdiese militante uitgevoer hoewel niemand nog verantwoordelikheid aanvaar het nie. Dit is die soveelste aanvalle die afgelope ruk wat spesifiek op die polisie of weermag gemik is.
Beeldmateriaal het gewys hoe ʼn groot swart rookwolk in die lug hang terwyl die drieverdieping-polisiegebou erg beskadig is. Die stad Cizre het 130 000 inwoners en is in die provinsie Sirnak wat grens aan Sirië en Irak.
Die aanvalle kom terwyl die landsburgers steeds erg geskok is oor die gewelddadige staatsgreeppoging in Julie waartydens minstens 270 mense dood is.