Video: Brande, hittegolf, droogte saai verwoesting in Kalifornië

Lafenis vir 'n bokkie by die Happy Camp Complex Foto: Forest Service-Klamath National Forest, Facebook Fotograaf: Izaak McHenry

Lafenis vir ‘n bokkie by die Happy Camp Complex Foto: Forest Service-Klamath National Forest, Facebook Fotograaf: Izaak McHenry

Tot soveel as 6 000 brandbestryders was Dinsdag te midde van rekordtemperature nog besig om veldbrande in die droogtegeteisterde Kalifornië te bestry.

Duisende inwoners is reeds ontruim en talle geboue is beskadig in minstens een van die brande in die noorde van Kalifornië. In die suide van Kalifornië het tot 7 000 mense kragonderbrekings beleef weens ʼn hittegolf en te veel mense wat hul lugverkoelers op volspoed aanskakel. Temperature het tot 40°C gestyg.

Daar is tans 12 groot brande in dié staat in die VSA, insluitend een brand naby die dorp Weed waar die vlamme meer as 100 geboue, onder andere ʼn kerkgebou, verwoes het.

“Daar is meer brande weens die droogte,” het Alyssa Smith, woordvoerder vir CalFire, aan AFP gesê. Daar was glo al 200 meer brande hierdie jaar in vergelyking met dieselfde tyd verlede jaar.

Altesaam 1 000 mense moes Sondag naby die Yosemite nasionale park in sentraal Kalifornië ontruim word. Altesaam 133 hektaar naby Bass Lake is binne ʼn paar uur afgebrand.

Die brand in Weed, Kalifornië:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.